Gaan na inhoud

Vlaktespekvreter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vlaktespekvreter
By Sanipas in die Drakensberge
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
E. sinuata
Binomiale naam
Emarginata sinuata
(Sundevall, 1858)
Sinonieme

Emarginata sinuata

Die vlaktespekvreter (Emarginate sinuata) is gelokaliseerde algemene standvoël in boomlose landskappe van suidelike Namibië, Suid-Afrika en Lesotho.[2] In die somer kom hulle op die Lesotho-hoogland voor, maar dié wyk tydens koue weer uit na die hoëveld. Soos ander spekvreters is hulle 'n monogame spesies. Hulle is territoriaal en word een-een of in pare aangetref. In Engels staan dit as die sickle-winged chat bekend.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die voël is 15 cm groot en weeg 17 tot 24 gram. Die genders lyk eenders. Dit lyk baie op die meer algemene spekvreter, maar het 'n effe meer kompakte liggaamsvorm en langerige bene. Ook ontbreek die bruin t-patroon op die stert van laasgenoemde. Die stertvere is hoofsaaklik swarterig, en slegs vaalwit (eerder as kastaiing) aan die buiterande.[3] Dit het 'n opvallender oogring, en die vlerke se dekvere is soms duideliker omsoom. Die unieke vernouing van die buiteslagveer is slegs in die hand sigbaar.

Taksonomie

[wysig | wysig bron]

Die eerste formele beskrywing van die spesies was deur die Sweedse dierkundige Carl Jakob Sundevall in 1858, en dan onder die binomiale naam Luscinia sinuata.[4][5] Die spesies is daarna in die genus Cercomela opgeneem, wat in 1856 deur Charles Lucien Bonaparte voorgestel is.[6] Dit is na die huidige genus, Emarginata, verskuif nadat molekulêre filogenetiese studies van 2010 en 2012 aangedui het dat Cercomela polifileties is.[7][8][9] Die spesiesnaam sinuata is Latyn vir "geboë",[10] wat verwys na die unieke vernouing van die geboë buiteslagveer.

Subspesies

[wysig | wysig bron]

Daar is drie subspesies:[9]

Verspreiding en leefgebied

[wysig | wysig bron]

Dit kom voor van die Kaapse weskus tot in Lesotho, met enkeles wat vir die winter noordwaarts na die hoëveld uitwyk. Soos die spekvreter verkies dit ook klipperige areas, maar wel in grasarm struikveld van boomlose landskappe. Dit word aangetref in halfdorre Karoobossieveld, landerye en weiveld in plat tot golwende landskappe.[2] Dit is territoriaal en in die Lesotho-hoogland is 'n digtheid van een broeipaar per 10 hektaar aangeteken.[2]

Gewoontes

[wysig | wysig bron]
Die kompakte liggaam en langerige bene is opmerklik

Hul gedrag is sku wanneer die broeityd aanbreek. Die nes word goed teen 'n graspol of onder 'n klip of kluit verskuil. Slegs 'n noue deurgang word gelaat, sodat dit nie van bo af sigbaar nie.[2] Die nes is 'n redelik groot en dik koppie van versnipperde gras, wat aan die binnekant met wol of dierehare uitgevoer word. Die legsel bestaan uit drie ligblou eiers (2 tot 4), soortgelyk in voorkoms aan dié van genus Oenanthe. Die eiers is meestal ongemerk, maar is by uitsondering ligbruin gespikkel. Slegs die wyfie broei op die nes, maar die mannetjie voer ook die kuikens.[2]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. BirdLife International (2012). "Cercomela sinuata". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Tarboton, Warwick (2001). A Guide to the Nests and Eggs of Southern African Birds. Cape Town: Struik. p. 173. ISBN 1-86872-616-9.
  3. Newman, Kenneth; Sinclair, J.C. (1983). Newman's Birds of Southern Africa. Johannesburg: Macmillan SA. ISBN 0-86954-136-6.
  4. Mayr, Ernst; Paynter, Raymond A. Jr, reds. (1964). Check-list of Birds of the World. Vol. 10. Cambridge, Massachusetts: Museum of Comparative Zoology. p. 97.
  5. Sundevall, Carl Jakob (1858). "Kritish framstallning af fogelarterna uti äldre ornithologiska arbeten". Kungl. Svenska Vetenskapsakademiens Handlingar (in Sweeds). Band 2 (3): 44 nota.
  6. Mayr, Ernst; Paynter, Raymond A. Jr, reds. (1964). Check-list of Birds of the World. Vol. 10. Cambridge, Massachusetts: Museum of Comparative Zoology. p. 96.
  7. Outlaw, R.K.; Voelker, G.; Bowie, R.C.K. (2010). "Shall we chat? Evolutionary relationships in the genus Cercomela (Muscicapidae) and its relation to Oenanthe reveals extensive polyphyly among chats distributed in Africa, India and the Palearctic". Molecular Phylogenetics and Evolution. 55 (1): 284–292. doi:10.1016/j.ympev.2009.09.023. PMID 19772925.
  8. Aliabadian, M.; Kaboli, M.; Förschler, M.I.; Nijman, V.; Chamani, A.; Tillier, A.; Prodon, R.; Pasquet, E.; Ericson, P.G.P.; Zuccon, D. (2012). "Convergent evolution of morphological and ecological traits in the open-habitat chat complex (Aves, Muscicapidae: Saxicolinae)". Molecular Phylogenetics and Evolution. 65 (1): 35–45. doi:10.1016/j.ympev.2012.05.011. PMID 22634240.
  9. 9,0 9,1 Gill, Frank; Donsker, David (reds.). "Chats, Old World flycatchers". World Bird List Version 7.2. International Ornithologists' Union. Besoek op 3 Mei 2017.
  10. Jobling, James A. (2010). The Helm Dictionary of Scientific Bird Names. Londen: Christopher Helm. p. 357. ISBN 978-1-4081-2501-4.