Gaan na inhoud

Wane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.

Die Wane (Oudnoors: Vanir)[1] is 'n groep gode wat verbind word met vrugbaarheid, wysheid en die vermoë om die toekoms te sien. Hulle vorm die tweede panteon in die Noorse mitologie en sluit in Njörðr en sy kinders Freyr en Freyja.

Die gode van die hoofpanteon is die Ase. Hulle sluit in Odin, Frigg, Thor en Baldr.[2] In die mites voer die twee goderyke oorlog teen mekaar en word eindelik 'n verenigde panteon.

Verwysings

  1. Page, R. I. (1990). Norse Myths. University of Texas Press. ISBN 0-292-75546-5.
  2. "Aesir". Encyclopedia Britannica. 

Skakels