Gaan na inhoud

Kaaimanseilande: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Besig
Besig
Lyn 91: Lyn 91:


[[Beeld:Cayman Islands National Museum - George Town, Grand Cayman.jpg|thumb|links|240px|Die Kaaimanseilandse Nasionale Museum, in Georgetown.]]
[[Beeld:Cayman Islands National Museum - George Town, Grand Cayman.jpg|thumb|links|240px|Die Kaaimanseilandse Nasionale Museum, in Georgetown.]]
[[Beeld:Heroes Square of George Town.jpg|thumb|links|240px|Heldeplein in die middestad van Georgetown, wat die Kaaimanseilande se oorlogsgesneuweldes gedenk.]]
[[Engeland]] het amptelik saam met Jamaika beheer van die eilande oorgeneem na aanleiding van die Verdrag van Madrid van 1670.<ref name="britannica.com"/> In dieselfde jaar was daar 'n aanval op 'n skilpadvangersgemeenskap op Little Cayman deur die Spanjaarde onder die Portugese [[Seerowery#Kaapvaarders|kaapvaarder]] Manuel Ribeiro Pardal.<ref name="keytocayman.com"/> Ná verskeie onsuksesvolle pogings om hulle te vestig op wat toe 'n toevlugsoord vir seerowers geword het,<ref name="History of the Cayman Islands"/> het 'n permanente Engelse bevolking sedert die 1730's ontstaan.<ref name="History of the Cayman Islands"/>
[[Engeland]] het amptelik saam met Jamaika beheer van die eilande oorgeneem na aanleiding van die Verdrag van Madrid van 1670.<ref name="britannica.com"/> In dieselfde jaar was daar 'n aanval op 'n skilpadvangersgemeenskap op Little Cayman deur die Spanjaarde onder die Portugese [[Seerowery#Kaapvaarders|kaapvaarder]] Manuel Ribeiro Pardal.<ref name="keytocayman.com"/> Ná verskeie onsuksesvolle pogings om hulle te vestig op wat toe 'n toevlugsoord vir seerowers geword het,<ref name="History of the Cayman Islands"/> het 'n permanente Engelse bevolking sedert die 1730's ontstaan.<ref name="History of the Cayman Islands"/>


Dit is gou gevolg deur die instelling van [[slawerny]].<ref>{{cite web |url=http://www.gocayman.ky/history.html |title=Cayman Islands History |publisher=Gocayman.ky |archive-date=12 October 2008|archive-url=https://web.archive.org/web/20081012073753/http://www.gocayman.ky/history.html}}</ref> Baie is in [[Afrika]] gekoop en na die eilande gebing. Die gevolg is dat die meeste inheemse Kaaimanseilanders óf van Afrika- óf van Britse herkoms is.<ref name="britannica.com"/> Die eerste sensus is in 1802 opgeneem en wys die bevolking op Grand Cayman was 933, van wie 545 slawe was.<ref name="History of the Cayman Islands"/> Slawery is in 1833 deur Brittanje afgestel. Daar was toe meer as 950 slawe van Afrikaherkoms wat deur 116 families besit is.<ref>{{citation |title=The Cayman Islands Annual Report 1988 |location=Cayman Islands |date=1988 |page=127}}</ref><ref name="History of Cayman Islands"/>
Dit is gou gevolg deur die instelling van [[slawerny]].<ref>{{cite web |url=http://www.gocayman.ky/history.html |title=Cayman Islands History |publisher=Gocayman.ky |archive-date=12 October 2008|archive-url=https://web.archive.org/web/20081012073753/http://www.gocayman.ky/history.html}}</ref> Baie is in [[Afrika]] gekoop en na die eilande gebing. Die gevolg is dat die meeste inheemse Kaaimanseilanders óf van Afrika- óf van Britse herkoms is.<ref name="britannica.com"/> Die eerste sensus is in 1802 opgeneem en wys die bevolking op Grand Cayman was 933, van wie 545 slawe was.<ref name="History of the Cayman Islands"/> Slawery is in 1833 deur Brittanje afgestel. Daar was toe meer as 950 slawe van Afrikaherkoms wat deur 116 families besit is.<ref>{{citation |title=The Cayman Islands Annual Report 1988 |location=Cayman Islands |date=1988 |page=127}}</ref><ref name="History of Cayman Islands"/>

Op 22 Junie 1863 is die Kaaimanseilande tot 'n afhanklike gebied van Jamaika verklaar.<ref>{{cite book |title=Colonies in Conflict: The History of the British Overseas Territories |first=Charles |last=Cawley}}{{page needed|date=September 2022}}</ref> Die eilande is tot in 1962 bestuur as deel van die Kolonie Jamaika, totdat Jamaika 'n onafhanklike [[Statebond]]sland geword het.<ref>{{cite book |last=Newman |first=Graeme R. |date=2010 |title=Crime and Punishment Around the World: Africa and the Middle East |page=82 |publisher=Abc-Clio, LLC |isbn=978-0-313-35133-4}}.</ref><ref name="britannica.com"/> Daarna is hulle weer dierek deur Brittanje bestuur.<ref name="britannica.com"/> In 1972 is 'n groot mate van interne outonomie deur 'n nuwe grondwet toegeken, met nog hersienings in 1994.<ref name="britannica.com"/>

In die 1950's het [[toerisme]] begin floreer ná die opening van die Internasionale Lughawe Owen Roberts,<ref>{{cite web |url=https://www.caymanairports.com/ |title=Airport Authority of Cayman Islands – CIAA |website=Caymanairports.com |access-date=13 May 2021 |archive-date=13 May 2021 |archive-url=https://web.archive.org/web/20210513094028/https://www.caymanairports.com/ |url-status=live}}</ref> asook 'n bank en verskeie hotelle.<ref name="keytocayman.com"/><ref name="History of the Cayman Islands"/> Die regering fokus daarop om die eilande se ekonomie 'n hupstoot te gee met toerisme en die lok van buitelandse beleggers, wat albei van die 1970's af geweldig gestyg het.<ref name="History of the Cayman Islands"/><ref name="britannica.com"/> Die Kaaimanseilande is histories 'n belastingvrye bestemming, en die regering steun op indirekte pleks van direkte belasting. Dit maak die eilande dus 'n gewilde belastingvrye toevlugsoord.<ref name=biswas>{{cite book |last=Biswas |first=Rajiv |date=2002 |title=International Tax Competition: A Developing Country Perspective |publisher=Commonwealth Secretariat |page=38 |isbn=0-85092-688-2}}.</ref>


== Geografie ==
== Geografie ==

Wysiging soos op 11:46, 15 Julie 2024

Kaaimanseilande
Cayman Islands (Engels)
Vlag van die Kaaimanseilande Wapen van die Kaaimanseilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
He hath founded it upon the seas
(Engels vir: "Hy het dit gegrond op die seë")
Volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")

Nasionale lied: Beloved Isle Cayman
Ligging van die Kaaimanseilande
Hoofstad Georgetown

19°20′N 81°24′W / 19.333°N 81.400°W / 19.333; -81.400

Grootste stad Georgetown
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur
Eerste Minister
• Verantwoordelike
Britse ministera
Parlementêre demokrasie binne
’n grondwetlike monargie
Charles III
Martyn Roper
Wayne Panton

James Cleverly
Onafhanklikheid
Stigting
• Britse bewind
• Selfregering
Britse oorsese gebied
• Huidige grondwet


1670
4 Julie 1959
6 Augustus 1962
6 November 2009
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
259 km2 km2  
102 myl2
1,6
Bevolking
 - 2023-skatting
 - Digtheid
 
84 738 (59ste)
275,8/km2 / km2 ()
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$4,78 miljard (159ste)
$73 600 (11de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$5,61 miljard (160ste)
$109 684 (7de)

MOI (2013) 0,888 ()  –  baie hoog
Geldeenheid Dollar (KYD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-5)
Nie toegepas nie (UTC-5)
Internet-TLD .ky
Skakelkode +1-345
a. Vir al die Britse oorsese gebiede

Die Kaaimanseilande (Engels: Cayman Islands) is 'n selfregerende oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in die Wes-Indiese Eilande, noordwes van Jamaika en suidwes van Kuba. Dit is die grootste sodanige gebied volgens bevolking.

Die gebied van 264 km2 bestaan uit drie eilande: Grand Cayman, Cayman Brac en Little Cayman, wat suid van Kuba en noordoos van die Honduras lê, tussen Jamaika en Mexiko se Yucatán-skiereiland. Die hoofstad en grootste stad is Georgetown op Grand Cayman, die digs bevolkte eiland van die die drie.

Die Kaaimanseilande word beskou as deel van die geografies westelike Karibiese sone sowel as die Groot-Antille. Met 'n BBP per capita van US$109 684 het die Kaaimanseilande die hoogste lewenstandaard in die Karibiese gebied en een van die hoogstes in die wêreld.[1] Immigrante van meer as 140 lande en gebiede woon op die Kaaimanseilande.[2]

Dit is 'n groot finansiële sentrum vir internasionale sakelui en ryk individue, grootliks omdat geen belasting op inkomste betaal word nie.[3] Baie handelsbanke se hoofkantore is ook hier gevestig.

Die meeste inwoners van die Kaaimanseilande is veelrassige (swart en wit) Engelssprekendes. Die Kaaimanseilande het in 2023 'n bevolking van 84 738 gehad en het 'n oppervlakte van 259 km².

Geskiedenis

Teen 2017 is geen bewyse nog gevind dat die eilande bewoon was voordat Europeërs hulle ontdek het nie.[4] Die Kaaimanseilande se naam kom van die woord vir "krokodil" (caiman) in die taal van die inheemse Suid-Amerikaanse groep Arawakke.[5] Die eerste Europeër wat die eilande gesien het, was vermoedelik Christophorus Columbus, op 10 Mei 1503, tydens sy laaste vaart na die Amerikas.[6][7] Hy het dit "Las Tortugas" genoem, na die groot getal waterskilpaaie wat daar aangetref is (en feitlik almal sedertdien in jagtogte uitgewis is).[6][8]

2 Kaaimanseilandse dollar, 1975.

In daaropvolgende jare is egter na die eilande as die "Kaaimans" verwys na aaleiding van die baie caimans wat daar teenwoordig was.[7][6]

Nadat Columbus dit gesien het, is dit nie dadelik gekoloniseer nie, maar 'n verskeidenheid setlaars van verskillende agtergronde het eindelik gearriveer, onder andere seerowers, gestrande matrose en drosters van Oliver Cromwell se leër in Jamaika.[9]

Sir Francis Drake het die eilande in 1586 vir 'n rukkie besoek.[10]

Die eerste aangetekende permanente bewoner, Isaac Bodden, is omstreeks 1661 op Grand Cayman gebore. Hy was die kleinseun van 'n oorspronklike setlaar met die naam Bodden, waarskynlik een van Cromwell se soldate wat betrokke was by die verowering van Jamaika van Spanje in 1655.[11]

Die Kaaimanseilandse Nasionale Museum, in Georgetown.
Heldeplein in die middestad van Georgetown, wat die Kaaimanseilande se oorlogsgesneuweldes gedenk.

Engeland het amptelik saam met Jamaika beheer van die eilande oorgeneem na aanleiding van die Verdrag van Madrid van 1670.[7] In dieselfde jaar was daar 'n aanval op 'n skilpadvangersgemeenskap op Little Cayman deur die Spanjaarde onder die Portugese kaapvaarder Manuel Ribeiro Pardal.[10] Ná verskeie onsuksesvolle pogings om hulle te vestig op wat toe 'n toevlugsoord vir seerowers geword het,[8] het 'n permanente Engelse bevolking sedert die 1730's ontstaan.[8]

Dit is gou gevolg deur die instelling van slawerny.[12] Baie is in Afrika gekoop en na die eilande gebing. Die gevolg is dat die meeste inheemse Kaaimanseilanders óf van Afrika- óf van Britse herkoms is.[7] Die eerste sensus is in 1802 opgeneem en wys die bevolking op Grand Cayman was 933, van wie 545 slawe was.[8] Slawery is in 1833 deur Brittanje afgestel. Daar was toe meer as 950 slawe van Afrikaherkoms wat deur 116 families besit is.[13][6]

Op 22 Junie 1863 is die Kaaimanseilande tot 'n afhanklike gebied van Jamaika verklaar.[14] Die eilande is tot in 1962 bestuur as deel van die Kolonie Jamaika, totdat Jamaika 'n onafhanklike Statebondsland geword het.[15][7] Daarna is hulle weer dierek deur Brittanje bestuur.[7] In 1972 is 'n groot mate van interne outonomie deur 'n nuwe grondwet toegeken, met nog hersienings in 1994.[7]

In die 1950's het toerisme begin floreer ná die opening van die Internasionale Lughawe Owen Roberts,[16] asook 'n bank en verskeie hotelle.[10][8] Die regering fokus daarop om die eilande se ekonomie 'n hupstoot te gee met toerisme en die lok van buitelandse beleggers, wat albei van die 1970's af geweldig gestyg het.[8][7] Die Kaaimanseilande is histories 'n belastingvrye bestemming, en die regering steun op indirekte pleks van direkte belasting. Dit maak die eilande dus 'n gewilde belastingvrye toevlugsoord.[17]

Geografie

Distrikte van die Kaaimanseilande
No. Distrikte Area
(km²)
Bev.
(1999)
Bev.
(2007)
Bev.-
digtheid
1 Bodden Town 8 5 764 6 918 865
2 Cayman Brac 36 1 822 1 500 42
3 East End 50 1 371 1 552 32
4 Georgetown 29 20 626 31 785 1 096
5 Little Cayman 26 115 200 8
6 North Side 91 1 079 1 258 14
7 West Bay 19 8 243 11 436 602
  Kaaimanseilande 259 39 020 54 649 211

Verwysings

  1. "Cayman Islands – Place Explorer". Data Commons. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2022. Besoek op 19 Maart 2022.
  2. Boxall, Joanna (18 Februarie 2021). "Facts & Figures of the Cayman Islands". Cayman Resident. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2022. Besoek op 19 Maart 2022.
  3. Rogoff, Natasha Lance (19 Februarie 2004). "Tax me if you can. Haven or Havoc?". Pbs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2004. Besoek op 25 Augustus 2017.
  4. Keegan, William F.; Hofman, Corinne (2017). The Caribbean before Columbus (ebook uitg.). New York, New Yoirk: Oxford University Press. p. 6. ISBN 9780190647353.
  5. "World Directory of Minorities and Indigenous Peoples – Cayman Islands". www.refworld.org.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 "History of Cayman Islands". Cayman Islands Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2018. Besoek op 7 Julie 2019.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 7,5 7,6 7,7 "Cayman Islands". Encyclopædia Britannica. 
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 8,4 8,5 "History of the Cayman Islands". Explore Cayman. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2021. Besoek op 7 Julie 2019.
  9. Bauman, Robert (2007). The Complete Guide to Offshore Residency. The Sovereign Society. p. 115. ISBN 978-0-9789210-9-5.
  10. 10,0 10,1 10,2 "Key to Cayman - HISTORY – ISLANDS THAT TIME FORGOT". 22 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2021. Besoek op 7 Julie 2019.
  11. Thompson, Keith (2010). Life in The Caribbean. New Africa Press. p. 152. ISBN 978-9987-16-015-0.
  12. "Cayman Islands History". Gocayman.ky. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2008.
  13. The Cayman Islands Annual Report 1988, Cayman Islands, 1988, p. 127 
  14. Cawley, Charles. Colonies in Conflict: The History of the British Overseas Territories.Sjabloon:Page needed
  15. Newman, Graeme R. (2010). Crime and Punishment Around the World: Africa and the Middle East. Abc-Clio, LLC. p. 82. ISBN 978-0-313-35133-4..
  16. "Airport Authority of Cayman Islands – CIAA". Caymanairports.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2021. Besoek op 13 Mei 2021.
  17. Biswas, Rajiv (2002). International Tax Competition: A Developing Country Perspective. Commonwealth Secretariat. p. 38. ISBN 0-85092-688-2..

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels


Vlag van die Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Wapen van die Verenigde Koninkryk
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië