Gaan na inhoud

Hanny se Voorwerp: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Nuwe artikel, besig
(Geen verskil)

Wysiging soos op 17:32, 15 Junie 2024

Hanny se Voorwerp
Hanny se Voorwerp (onder) en die aangrensende sterrestelsel IC 2497.
Hanny se Voorwerp (onder) en die aangrensende sterrestelsel IC 2497.
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Sterrebeeld Klein Leeu
Regte klimming 09h 41m 03.81s
Deklinasie +34° 43′ 34.3″
Skynmagnitude (m) 19
Inligting
Tipe Kwasar-ionisasie-eggo
Afstand (ligjaar) 650 miljoen
Ander name
SDSS J094103.80+344334.2
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Hanny se Voorwerp (Nederlands en Engels: Hanny's Voorwerp) is 'n soort ruimtevoorwerp wat bekend is as 'n kwasar-ionisasie-eggo.[1][2] Dit is in 2007 deur die Nederlandse onderwyseres Hanny van Arkel ontdek terwyl sy as 'n vrywilliger deelgeneem het aan die Galaxy Zoo-projek, deel van 'n groep burgerwetenskap-webtuistes. Fotografies lyk dit soos 'n groen blerts naby die spiraalsterrestelsel IC 2497 in die sterrebeeld Klein Leeu.

Beskrywing

Hanny se Voorwerp (HsV) is byna so groot soos 'n klein sterrestelsel en het 'n sentrale gat van meer as 16 000 ligjare breed. Op 'n foto wat deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem is, is die voorwerp groen, 'n standaard- vals kleur wat gebruik word om die teenwoordigheid aan te dui van verskeie helder emissielyne van gloeiende suurstof. HsV is net so ver van die Aarde as die aangrensende sterrestelsel IC 2497, wat sowat 650 miljoen ligjare van hier af is.

Stervorming kom voor in die deel van HsV wat na IC 2497 gekeer is. Volgens radiowaarnemings is dit omdat daar 'n uitvloei van gas van IC 2497 se kern is wat met 'n klein streek van HsV reageer. Die jongste van dié sterre is 'n paar miljoen jaar oud.[3]

Verwysings

  1. G.I.G. Józsa; M.A. Garrett; T.A. Oosterloo; H. Rampadarath; H. van Arkel; C. Lintott; W.C. Keel; K. Schawinski; E. Edmondson (Julie 2009). "Revealing Hanny's Voorwerp: radio observations of IC 2497". Astronomy and Astrophysics. 500 (2): 33–36. arXiv:0905.1851. Bibcode:2009A&A...500L..33J. doi:10.1051/0004-6361/200912402. S2CID 54497211.
  2. C.J. Lintott; K. Schawinski; W. Keel; H. van Arkel; N. Bennert; E. Edmondson; D. Thomas; D.J.B. Smith; P.D. Herbert; M.J. Jarvis; S. Virani; D. Andreescu; S.P. Bamford; K. Land; P. Murray; R.C. Nichol; M.J. Raddick; A. Slosar; A. Szalay; J. Vandenberg (September 2009). "Galaxy Zoo: 'Hanny's Voorwerp', a quasar light echo?". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 399 (1): 129–140. arXiv:0906.5304. Bibcode:2009MNRAS.399..129L. doi:10.1111/j.1365-2966.2009.15299.x. S2CID 16752721.
  3. "Hubble Zooms in on a Space Oddity". European Southern Observatory. Besoek op 11 Januarie 2011.

Skakels