Gaan na inhoud

Jura: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Besig
Besig
Lyn 58: Lyn 58:


Die [[Callovium]] se naam kom van die Latynse weergawe van die dorp Kellaways in England, en is in 1852 deur Alcide d'Orbigny benoem. Die begin daarvan is die eerste verskyning van die ammoniete wat tot die genus ''Kepplerites'' behoort.<ref name="jurassic.stratigraphy.org">{{Cite web|title=International Commission on Stratigraphy-Subcommission on Jurassic Stratigraphy|url=https://jurassic.stratigraphy.org/our-work|access-date=2021-04-09|website=jurassic.stratigraphy.org}}</ref>
Die [[Callovium]] se naam kom van die Latynse weergawe van die dorp Kellaways in England, en is in 1852 deur Alcide d'Orbigny benoem. Die begin daarvan is die eerste verskyning van die ammoniete wat tot die genus ''Kepplerites'' behoort.<ref name="jurassic.stratigraphy.org">{{Cite web|title=International Commission on Stratigraphy-Subcommission on Jurassic Stratigraphy|url=https://jurassic.stratigraphy.org/our-work|access-date=2021-04-09|website=jurassic.stratigraphy.org}}</ref>

====Laat Jura====
Die [[Oxfordium]] is in 1844 deur Alcide d'Orbigny genoem na die stad [[Oxford]] in Engeland, met verwysing na die Oxford-klei. Die onderste grens is die eerste verskyning van die ammoniet ''Quenstedtoceras mariae''. Daaropvolgende voorstelle was die eerste verskyning van ''Cardioceras redcliffense'' as die begin van die etage.<ref name="Ogg-2012" /><ref name="jurassic.stratigraphy.org" />

Die dorp Kimmeridge aan die kus van [[Dorset]], Engeland, is die oorsprong van die naam [[Kimmeridgium]]. Die etage is in 1842 deur Alcide d'Orbigny bedink, met verwysing na die Kimmeridge-klei. Die onderste grens word gedefinieer as die eerste verskyning van ammoniete van die Bauhini- en Baylei-sone.<ref name="jurassic.stratigraphy.org" />

Die [[Titonium]] is in 1865 deur Albert Oppel in wetenskaplike geskrifte begin gebruik. Die naam is ongewoon onder die name van geologiese etages, want dit kom uit die [[Griekse mitologie]] en is nie 'n pleknaam nie. Titonos was die seun van Laomedon van [[Troje]] en het verlief geraak op [[Eos]], die Griekse godin van die daeraad. Albert Oppel het haar naam vir die etage gekies omdat die Titonium begin het met die daeraad van die [[Kryt (geologie)|Kryt-periode]]. Die begin daarvan word beskou as die eerste verskyning van die ammonietgenus ''Gravesia''.<ref name="jurassic.stratigraphy.org" />

Die boonste grens van die Jura is tans ongedefinieer; die grens tussen die Jura en die Kryt is die enigste stelselgrens sonder 'n definisie. Calpionellids, 'n enigmatiese groep [[plankton]][[protis]]te wat vir 'n kort ruk van die laat Jura tot die vroeë Perm volop was, is voorgestel as die beste kandidate vir die vasstelling van die Jura-Kryt-grens.<ref>{{Cite journal|last=WIMBLEDON|first=William A.P.|date=2017-12-27|title=Developments with fixing a Tithonian/Berriasian (J/K) boundary|url=https://www.researchgate.net/publication/321670503|journal=Volumina Jurassica|volume=15 |issue=1 |pages=107–112|doi=10.5604/01.3001.0010.7467|issn=1731-3708}}</ref> Veral die eerste verskyning van ''Calpionella alpina'' is voorgestel as die definisie van die begin van die Kryt.<ref>{{Cite journal|last1=Wimbledon|first1=William A.P.|last2=Rehakova|first2=Daniela|last3=Svobodová|first3=Andrea|last4=Schnabl|first4=Petr|last5=Pruner|first5=Petr|last6=Elbra|first6=Tiiu|last7=Šifnerová|first7=Kristýna|last8=Kdýr|first8=Šimon|last9=Frau|first9=Camille|last10=Schnyder|first10=Johann|last11=Galbrun|first11=Bruno|date=2020-02-11|title=Fixing a J/K boundary: A comparative account of key Tithonian–Berriasian profiles in the departments of Drôme and Hautes-Alpes, France|url=https://www.sav.sk/index.php?lang=sk&doc=journal-list&part=article_response_page&journal_article_no=18100|journal=Geologica Carpathica|volume=71|issue=1|doi=10.31577/GeolCarp.71.1.3|s2cid=213694912|doi-access=free}}</ref>


<center><gallery>
<center><gallery>

Wysiging soos op 10:38, 18 April 2024

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kryt Vroeg Berriasium jonger
Jura Laat Titonium 145,0–152,1
Kimmeridgium 152,1–157,3
Oxfordium 157,3–163,5
Middel Callovium 163,5–166,1
Batonium 166,1–168,3
Bajosium 168,3–170,3
Aalenium 170,3–174,1
Vroeg Toarsium 174,1–182,7
Pliensbachium 182,7–190,8
Sinemurium 190,8–199,3
Hettangium 199,3–201,3
Trias Laat Rhaetium ouer
Die verdeling van die Jura (IKS).

Die Jura (Engels: Jurassic) is ’n geologiese periode van die Mesosoïese Era en strek van die einde van die Trias sowat 201,3 miljoen jaar gelede tot die begin van die Kryt sowat 145 miljoen jaar gelede. Die Jura is ook ’n chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoïese erateem.

'n Kaart van die wêreld, soos dit in die middel Jura gelyk het (sowat 170 miljoen jaar gelede).
Groot dinosourusse het in die Jura voorgekom in woude met ewe groot konifers.

Die Jura is die middelste periode van die Mesosoïkum en is genoem na die Juragebergte in die Europese Alpe, waar kalksteenstrata uit die periode die eerste keer ontdek is.

Teen die begin van die Jura het die superkontinent Pangaea uitmekaar begin dryf en twee landmassas, Laurasië in die noorde en Gondwana in die suide, gevorm. Dit het die kuslyn verleng en die kontinentale klimaat verander van droog tot vogtig, en baie van die woestyne van die Trias is vervang deur reënwoude. Daar was geen yskappe by die pole nie.

Die Jura het begin met die Trias-Jura-uitwissing. Die einde van die periode het egter geen duidelike, definitiewe grens met die Kryt nie; dit is die enigste grens tussen geologiese periodes wat amptelik ongedefinieer is.

Op die land het die dierelewe verander van die Trias se oorheersende Dinosauromorpha en Crocodylomorpha tot een wat slegs deur dinosourusse oorheers is. Die eerste voëls het ook in die Jura hul verskyning gemaak nadat hulle uit ’n tak van die Theropoda ontwikkel het. Ander belangrike gebeurtenisse sluit in die verskyning van die eerste akkedisse en die evolusie van soogdiere.

In die oseane het seereptiele voorgekom soos Ichthyosauria en Plesiosauria, terwyl Pterosauria die oorheersende vlieënde gewerweldes was. Moderne haaie en rôe het die eerste keer in dié periode ontstaan en gediversifseer.

Die plantegroei het meestal uit varings en naaksadiges, insluitende naaldbome, bestaan. Baie moderne groepe het ook hulle verskyning gemaak.

Etimologie en geskiedenis

'n Portret van Alexandre Brongniart, wat die naam "Jura" uitgedink het.

Die chronostratigrafiese term "Jura" kom van die Juragebergte, 'n beboste bergreeks wat hoofsaaklik aan die grens tussen Frankryk en Switserland loop. Die naam kom van die Kelties vir "beboste berg", en is deur Latyn as 'n naam van 'n plek ontleen. Dit het later in Juria en eindelik Jura ontwikkel.

Tydens 'n toer van die streek in 1795 het die Duitse naturalis Alexander von Humboldt die koolstofdeposito's in die Juragebergte herken as geologies verskillend van die Triasoue Muschelkalk van Suid-Duitsland, maar hy het verkeerdelik afgelei dat hulle ouer is. Hy het dit toe in 1799 Jura-Kalkstein ("Jura-kalksteen) genoem.[1]

In 1829 het die Franse naturalis Alexandre Brongniart 'n boek gepubliseer met die naam Beskrywing van die Terreine wat die Kors van die Aarde uitmaak of Essay oor die Struktuur van die Bekende Grondgebiede van die Aarde. Hierin gebruik hy die frase terrains jurassiques wanneer hy 'n vergelyking tref tussen die "Jura-Kalkstein" van Humboldt en kalksteen van Brittanje van dieselfde ouderdom. So het hy die term wat later "Jura" geword het, geskep en gepubliseer.[2][1]

Die Duitse geoloog Leopold von Buch het in 1839 die drievoudige verdeling van die Jura daargestel: van die oudste tot die jongste die Swart, Bruin en Wit Jura.[3]

Die Franse paleontoloog Alcide d'Orbigny het in geskrifte tussen 1842 en 1852 die Jura in 10 stadiums verdeel, gebaseer op ammoniete en ander fossiele in Engeland en Frankryk. Sewe word steeds gebruik, maar nie een het sy oorspronklike definisie behou nie. Die Duitse paleontoloog Albert Oppel het in sy studies tussen 1856 en 1858 d'Orbigny se oorspronklike skema verander en die stadiums verder in biostratigrafiese sones verdeel, hoofsaaklik gebaseer op ammoniete. Die meeste van die moderne stadiums van die Jura is in 1962 by die Colloque du Jurassique à Luxembourg geformaliseer.[1]

Geologie

Die periode Jura word in drie epogs verdeel: Vroeg, Middel en Laat. Net so word die Jura in stratigrafie verdeel in die series Onderste, Middelste en Boonste Jura. Geoloë verdeel die rotse van die Jura in 'n stratigrafiese stel eenhede wat etages genoem word, wat elk gevorm het tydens ooreenstemmende geologiese tydperke bekend as tydsnedes of tye.

Etages kan wêreldwyd of streeksgewys verdeel word. Globale etages word deur die Internasionale Kommissie vir Stratigrafie bekragtig.[1] Die tydsnedes/etages van die Jura kan regs heel bo gesien word.[4]

Stratigrafie

Gevoude kalksteenlae van die Onderste Jura in Switserland.
Strata van die Middel-Jura in Argentinië.
Tidwell-lid van die Morrison-formasie (Boonste Jura), Colorado.

Die stratigrafie van die Jura is hoofsaaklik gebaseer op die gebruik van ammoniete as indeksfossiele. Die eerste verskyningsdatum van spesifieke taksons van ammoniete word gebruik om die begin van etages aan te dui, asook kleiner tydperke in etages, bekend as "ammonietsones". Hulle word soms weer verder verdeel in subsones. Globale stratigrafie is gebaseer op Europese standaard-ammonietsones.[1]

Vroeë Jura

Die oudste deel van die Juraperiode is histories die Lias genoem. Dit stem rofweg ooreen met die Vroeë Jura, maar sluit ook 'n deel van die vroeëre etage Rhaetium in. Die etage Hettangium is in 1864 deur die Switserse paleontoloog Eugène Renevier genoem na Hettange-Grande in Noordoos-Frankryk.[1] Die begin van die Hettangium, en dus die Jura as geheel, word aangedui deur die eerste verskyning van die ammoniet Psiloceras spelae tirolicum in die Kendlbach-formasie by Kuhjoch.[5]

Die etage Sinemurium is in 1842 die eerste keer deur Alcide d'Orbigny gedefinieer en gebruik. Die naam kom van die Franse dorp Semur-en-Auxois, naby Dijon. Die begin van die etage word bepaal deur die eerste verskyning van die ammoniet Vermiceras quantoxense.[1][6]

Albert Oppel het die Pliensbachium in 1858 genoem na die dorp Pliensbach, naby Stuttgart, Duitsland. Die begin daarvan word bepaal deur die eerste verskyning van die ammoniet Bifericeras donovani.[7]

Die etage Toarsium is genoem na die dorp Thouars (Latyn: Toarcium) in die Loirevallei in Frankryk. Die grens is die eerste verskyning van ammoniete wat tot die subgenus Eodactylites behoort.[8]

Middel-Jura

Die Aalenium is genoem na die stad Aalen in Duitsland. Dit is in 1864 deur die Switserse geoloog Karl Mayer-Eymar gedefinieer. Die begin daarvan word aangedui deur die eerste verskyning van die ammoniet Leioceras opalinum.[9]

Alcide d'Orbigny het die etage Bajosium na die dorp Bayeux (Latyn: Bajoce) in Normandië, Frankryk, genoem. Die begin daarvan word aangedui deur die eerste verskyning van die ammoniet Hyperlioceras mundum.[10]

Die Batonium is in 1843 deur die Belgiese geoloog d'Omalius d'Halloy na die stad Bath, Engeland, genoem. Die begin word gedefinieer as die eerste verskyning van die ammoniet Gonolkites convergens, aan die begin van die Zigzagiceras zigzag-ammonietsone.[11]

Die Callovium se naam kom van die Latynse weergawe van die dorp Kellaways in England, en is in 1852 deur Alcide d'Orbigny benoem. Die begin daarvan is die eerste verskyning van die ammoniete wat tot die genus Kepplerites behoort.[12]

Laat Jura

Die Oxfordium is in 1844 deur Alcide d'Orbigny genoem na die stad Oxford in Engeland, met verwysing na die Oxford-klei. Die onderste grens is die eerste verskyning van die ammoniet Quenstedtoceras mariae. Daaropvolgende voorstelle was die eerste verskyning van Cardioceras redcliffense as die begin van die etage.[1][12]

Die dorp Kimmeridge aan die kus van Dorset, Engeland, is die oorsprong van die naam Kimmeridgium. Die etage is in 1842 deur Alcide d'Orbigny bedink, met verwysing na die Kimmeridge-klei. Die onderste grens word gedefinieer as die eerste verskyning van ammoniete van die Bauhini- en Baylei-sone.[12]

Die Titonium is in 1865 deur Albert Oppel in wetenskaplike geskrifte begin gebruik. Die naam is ongewoon onder die name van geologiese etages, want dit kom uit die Griekse mitologie en is nie 'n pleknaam nie. Titonos was die seun van Laomedon van Troje en het verlief geraak op Eos, die Griekse godin van die daeraad. Albert Oppel het haar naam vir die etage gekies omdat die Titonium begin het met die daeraad van die Kryt-periode. Die begin daarvan word beskou as die eerste verskyning van die ammonietgenus Gravesia.[12]

Die boonste grens van die Jura is tans ongedefinieer; die grens tussen die Jura en die Kryt is die enigste stelselgrens sonder 'n definisie. Calpionellids, 'n enigmatiese groep planktonprotiste wat vir 'n kort ruk van die laat Jura tot die vroeë Perm volop was, is voorgestel as die beste kandidate vir die vasstelling van die Jura-Kryt-grens.[13] Veral die eerste verskyning van Calpionella alpina is voorgestel as die definisie van die begin van die Kryt.[14]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Ogg, J.G.; Hinnov, L.A.; Huang, C. (2012), "Jurassic" (in en), The Geologic Time Scale (Elsevier): pp. 731–791, doi:10.1016/b978-0-444-59425-9.00026-3, ISBN 978-0-444-59425-9, https://linkinghub.elsevier.com/retrieve/pii/B9780444594259000263, besoek op 2020-12-05 
  2. Brongniart, Alexandre (1829). Tableau des terrains qui composent l'écorce du globe ou essai sur la structure de la partie connue de la terre [Description of the Terrains that Constitute the Crust of the Earth or Essay on the Structure of the Known Lands of the Earth] (in Frans). Straatsburg, Frankryk: F.G. Levrault – via Gallica.
  3. Von Buch, L., 1839. Über den Jura in Deutschland. Der Königlich Preussischen Akademie der Wissenschaften, Berlin, p. 87.
  4. Cohen, K.M., Finney, S.C., Gibbard, P.L. & Fan, J.-X. (2013; updated) The ICS International Chronostratigraphic Chart. Episodes 36: 199–204.
  5. Hillebrandt, A.v.; Krystyn, L.; Kürschner, W.M.; Bonis, N.R.; Ruhl, M.; Richoz, S.; Schobben, M. A. N.; Urlichs, M.; Bown, P.R.; Kment, K.; McRoberts, C.A. (1 September 2013). "The Global Stratotype Sections and Point (GSSP) for the base of the Jurassic System at Kuhjoch (Karwendel Mountains, Northern Calcareous Alps, Tyrol, Austria)". Episodes (in Engels). 36 (3): 162–198. doi:10.18814/epiiugs/2013/v36i3/001. ISSN 0705-3797.
  6. Bloos, Gert; Page, Kevin N. (1 Maart 2002). "Global Stratotype Section and Point for base of the Sinemurian Stage (Lower Jurassic)". Episodes. 25 (1): 22–28. doi:10.18814/epiiugs/2002/v25i1/003. ISSN 0705-3797.
  7. Meister, Christian; Aberhan, Martin; Blau, Joachim; Dommergues, Jean-Louis; Feist-Burkhardt, Susanne; Hailwood, Ernie A.; Hart, Malcom; Hesselbo, Stephen P.; Hounslow, Mark W.; Hylton, Mark; Morton, Nicol (1 Junie 2006). "The Global Boundary Stratotype Section and Point (GSSP) for the base of the Pliensbachian Stage (Lower Jurassic), Wine Haven, Yorkshire, UK". Episodes. 29 (2): 93–106. doi:10.18814/epiiugs/2006/v29i2/003. ISSN 0705-3797.
  8. Rocha, Rogério Bordalo da; Mattioli, Emanuela; Duarte, Luís Vítor; Pittet, Bernard; Elmi, Serge; Mouterde, René; Cabral, Maria Cristina; Comas-Rengifo, Maria José; Gómez, Juan José; Goy, António; Hesselbo, Stephen P. (1 September 2016). "Base of the Toarcian Stage of the Lower Jurassic defined by the Global Boundary Stratotype Section and Point (GSSP) at the Peniche section (Portugal)". Episodes (in Engels). 39 (3): 460–481. doi:10.18814/epiiugs/2016/v39i3/99741. hdl:10261/140775. ISSN 0705-3797. S2CID 131791652.
  9. Barrón, Eduardo; Ureta, Soledad; Goy, Antonio; Lassaletta, Luis (Augustus 2010). "Palynology of the Toarcian–Aalenian Global Boundary Stratotype Section and Point (GSSP) at Fuentelsaz (Lower–Middle Jurassic, Iberian Range, Spain)". Review of Palaeobotany and Palynology (in Engels). 162 (1): 11–28. Bibcode:2010RPaPa.162...11B. doi:10.1016/j.revpalbo.2010.04.003.
  10. Pavia, G.; Enay, R. (1 Maart 1997). "Definition of the Aalenian-Bajocian Stage boundary". Episodes. 20 (1): 16–22. doi:10.18814/epiiugs/1997/v20i1/004. ISSN 0705-3797.
  11. López, Fernández; Rafael, Sixto; Pavia, Giulio; Erba, Elisabetta; Guiomar, Myette; Paiva Henriques, María Helena; Lanza, Roberto; Mangold, Charles; Morton, Nicol; Olivero, Davide; Tiraboschi, Daniele (2009). "The Global Boundary Stratotype Section and Point (GSSP) for base of the Bathonian Stage (Middle Jurassic), Ravin du Bès Section, SE France" (PDF). Episodes. 32 (4): 222–248. doi:10.18814/epiiugs/2009/v32i4/001. S2CID 51754708. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 March 2016. Besoek op 5 June 2015.
  12. 12,0 12,1 12,2 12,3 "International Commission on Stratigraphy-Subcommission on Jurassic Stratigraphy". jurassic.stratigraphy.org. Besoek op 9 April 2021.
  13. WIMBLEDON, William A.P. (27 Desember 2017). "Developments with fixing a Tithonian/Berriasian (J/K) boundary". Volumina Jurassica. 15 (1): 107–112. doi:10.5604/01.3001.0010.7467. ISSN 1731-3708.
  14. Wimbledon, William A.P.; Rehakova, Daniela; Svobodová, Andrea; Schnabl, Petr; Pruner, Petr; Elbra, Tiiu; Šifnerová, Kristýna; Kdýr, Šimon; Frau, Camille; Schnyder, Johann; Galbrun, Bruno (11 Februarie 2020). "Fixing a J/K boundary: A comparative account of key Tithonian–Berriasian profiles in the departments of Drôme and Hautes-Alpes, France". Geologica Carpathica. 71 (1). doi:10.31577/GeolCarp.71.1.3. S2CID 213694912.

Eksterne skakels

Proterosoïkum Fanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum   Paleosoïese Era Mesosoïese Era Kainosoïese Era
Ediacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwartêr