Gaan na inhoud

Satan: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Besig
Besig
Lyn 48: Lyn 48:


Volgens 'n vertelling is die klank van die sjofar, wat hoofsaaklik bedoel is om Jode te herinner aan die belangrikheid van berou, ook bedoel om "die beskuldiger" (Satan) simbolies te verwar en hom te keer om enige beskuldigings teen die Jode by God te maak.<ref>Ronald L. Eisenberg ''Dictionary of Jewish Terms: A Guide to the Language of Judaism'' Taylor Trade Publications 2011; {{ISBN|978-1-589-79729-1}}, p. 356.</ref> [[Kabbala]] stel Satan voor as 'n agent van God wie se funksie dit is om mense uit te lok om te sondig sodat hy hulle in die hemelse hof kan beskuldig.<ref>Rabbi Rachel Timoner ''Breath of Life: God as Spirit in Judaism'' Paraclete Press 2011; {{ISBN|978-1-557-25899-1}}</ref>
Volgens 'n vertelling is die klank van die sjofar, wat hoofsaaklik bedoel is om Jode te herinner aan die belangrikheid van berou, ook bedoel om "die beskuldiger" (Satan) simbolies te verwar en hom te keer om enige beskuldigings teen die Jode by God te maak.<ref>Ronald L. Eisenberg ''Dictionary of Jewish Terms: A Guide to the Language of Judaism'' Taylor Trade Publications 2011; {{ISBN|978-1-589-79729-1}}, p. 356.</ref> [[Kabbala]] stel Satan voor as 'n agent van God wie se funksie dit is om mense uit te lok om te sondig sodat hy hulle in die hemelse hof kan beskuldig.<ref>Rabbi Rachel Timoner ''Breath of Life: God as Spirit in Judaism'' Paraclete Press 2011; {{ISBN|978-1-557-25899-1}}</ref>

==Christendom==
===Name===
[[Beeld:Paradise_Lost_12.jpg|thumb|220px|'n Illustrasie vir [[John Milton]] se ''[[Paradise Lost]]'' van die "val van Lusifer".]]

Die algemeenste woord vir Satan in Afrikaans is "duiwel", wat 'n [[Germaanse tale|Germaanse]] woord is wat van die [[Latyn]]se ''diabolus'' kom (wat ook die bron van "diabolies" is). Dit was weer 'n [[leenwoord]] van die [[Grieks]]e ''diabolos'' "lasteraar".<ref>{{cite web|url=https://www.ahdictionary.com/word/search.html?q=devil| title=American Heritage Dictionary: Devil| access-date=2006-05-31}}</ref> "Beëlsebub" is 'n neerhalende naam wat in die Bybel vir die duiwel gebruik word. Dit is die naam van 'n [[Filistyne|Filistynse]] god wat waarskynlik oorspronklik "Baäl-Sebub" ("[[Baäl]] die Prins") genoem is.{{sfn|van der Toorn|Becking|Willem|1999|pages=154–155}}

===Nuwe Testament===
====Evangelies, Handelinge en briewe====
[[Beeld:Ary_Scheffer_-_The_Temptation_of_Christ_(1854).jpg|220px|thumb|Die duiwel in ''Die Versoeking van Christus'', deur Ary Scheffer, 1854.]]

Die drie sinoptiese evangelies beskryf almal die versoeking van Christus in die woestyn deur Satan ([[Matteus]]&nbsp;4:1-11, [[Markus]]&nbsp;1:12-13 en [[Lukas]]&nbsp;4:1-13).{{sfn|Kelly|2006|pages=88–95}} Satan speel ook 'n rol in sommige van Jesus se gelykenisse, soos dié van die saaier, die onkruid, die skape en bokke en die sterk man.{{sfn|Beekmann|Bolt|2012|page=99–102}}

Die sinoptiese evangelies identifiseer Satan en sy demone as die oorsake van siektes,{{sfn|Kelly|2006|page=95}} insluitende koors (Lukas&nbsp;4:39), malaatsheid (Lukas&nbsp;5:13) en artritis (Lukas&nbsp;13:11-16),{{sfn|Kelly|2006|page=95}} terwyl die Brief aan die Hebreërs die duiwel beskryf as "die een wat mag het oor die dood" ([[Hebreërs]]&nbsp;2:14).{{sfn|Bass|2014|page=113}} Die skrywers van Lukas en [[Handelinge]] gee meer mag aan Satan as Matteus en Markus.{{sfn|Kelly|2006|pages=95–96}} In Lukas&nbsp;2:31 gee Jesus aan Satan die mag om [[Petrus]] en die ander [[apostel]]s te toets.{{sfn|Kelly|2006|pages=102, 142}} Volgens Lukas&nbsp;22:3-6 het [[Judas Iskariot]] Jesus verraai omdat Satan "in hom gevaar het"{{sfn|Kelly|2006|pages=95–96}} en in Handelinge&nbsp;5:3 beskryf Petrus hoe Satan Ananias omgehaal het om te sondig.{{sfn|Kelly|2006|page=106}}

In [[Johannes]] word Satan se naam baie min genoem. In Johannes&nbsp;8:44 sê Jesus vir sy Joodse vyande hulle is die kinders van die duiwel en nie van Abraham nie.{{sfn|Kelly|2006|page=107}} Volgens Johannes&nbsp;13:2 het die duiwel Judas op die gedagte gebring om Jesus te verraai.{{sfn|Kelly|2006|page=109}}

In die Nuwe Testament word Satan ook ander name genoem: "die versoeker" (Matteus&nbsp;4:3),{{sfn|Campo|2009|page=603}} "die aanvoerder van die bose geeste" (Matteus&nbsp;12:24),{{sfn|Kelly|2006|page=271}}{{sfn|Campo|2009|page=603}} "die god van hierdie wêreld" ([[2&nbsp;Korintiërs]] 4:4){{sfn|Kelly|2006|page=66}} en 'n "brullende leeu" ([[1&nbsp;Petrus]]&nbsp;5:8).{{sfn|Kelly|2006|page=271}}


'''Ou deel'''
'''Ou deel'''
[[Lêer:Satan before the Lord.jpg|duimnael|regs|350px|''God en Satan'', 'n skildery deur Corrado Giaquinto (Vatikaanse museum).]]
[[Lêer:Satan before the Lord.jpg|duimnael|regs|350px|''God en Satan'', 'n skildery deur Corrado Giaquinto (Vatikaanse museum).]]
[[Lêer:Ary Scheffer - The Temptation of Christ (1854).jpg|duimnael|regs|250px|''Die versoeking van [[Jesus van Nasaret|Christus]]'', 'n [[skildery]] deur [[Ary Scheffer]] (1854).]]


'''Satan'''<ref>[http://estudobiblico.org/af/bible-commentary/861-die-oorsprong-van-satan-die-vader-van-leuens Die Oorsprong Van Satan, die "Vader Van Leuens"] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20160306173802/http://www.estudobiblico.org/af/bible-commentary/861-die-oorsprong-van-satan-die-vader-van-leuens |date= 6 Maart 2016 }}, Die Oorsprong Van Satan, die "Vader Van Leuens", 2015 {{af}}</ref> (ook die '''duiwel''' of '''[[Lusifer]]''') is 'n gevalle aartsengel in die [[Abrahamitiese gelowe]] wat deur [[God]] uit die hemel gewerp is toe hy teen dié in opstand gekom het. Hy is die leier van die rebellerende gevalle engele wat onder sy aanvoering God verlaat het en wat in religieuse kringe as die verpersoonliking van die kwaad gesien word.<ref>[http://www.vergadering.nu/satan/index.html Wie is satan?], Het Zoeklicht, Julie 2006 {{nl}}</ref>
'''Satan'''<ref>[http://estudobiblico.org/af/bible-commentary/861-die-oorsprong-van-satan-die-vader-van-leuens Die Oorsprong Van Satan, die "Vader Van Leuens"] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20160306173802/http://www.estudobiblico.org/af/bible-commentary/861-die-oorsprong-van-satan-die-vader-van-leuens |date= 6 Maart 2016 }}, Die Oorsprong Van Satan, die "Vader Van Leuens", 2015 {{af}}</ref> (ook die '''duiwel''' of '''[[Lusifer]]''') is 'n gevalle aartsengel in die [[Abrahamitiese gelowe]] wat deur [[God]] uit die hemel gewerp is toe hy teen dié in opstand gekom het. Hy is die leier van die rebellerende gevalle engele wat onder sy aanvoering God verlaat het en wat in religieuse kringe as die verpersoonliking van die kwaad gesien word.<ref>[http://www.vergadering.nu/satan/index.html Wie is satan?], Het Zoeklicht, Julie 2006 {{nl}}</ref>

Wysiging soos op 13:18, 12 Februarie 2024

'n Illustrasie van die duiwel op folio 290 van die Kodeks Gigas, uit die vroeë 13de eeu.

Satan (Hebreeus: שָּׂטָן, sāṭān, Grieks: ὁ σατανᾶς of σατάν, ho satanas/satan, Arabies: الشَّيطان, asj-shaitan), ook bekend as die duiwel of as Lusifer in die Christendom, is 'n entiteit in die Abrahamitiese gelowe wat die mens verlei tot sonde of leuenagtigheid. In die Judaïsme word Satan beskou as 'n agent wat ondergeskik aan God is. Hy word gewoonlik beskou as 'n metafoor vir die yetzer hara, of "bose geneigdheid". In die Christendom en Islam word hy gewoonlik beskou as 'n gevalle engel of djin wat teen God gerebelleer het, hoewel God hom nogtans tydelike mag toelaat oor die gevalle wêreld en 'n skare demone. In die Koran is Sjaitan, ook bekend as Iblis, 'n entiteit wat van vuur gemaak is en uit die hemel verwerp is omdat hy geweier het om voor Adam te buig en die mens se gedagtes vul met "bose voorstelle".

'n Figuur bekend as ha-satan ("die satan") verskyn die eerste keer in die Hebreeuse Bybel as 'n hemelse aanklaer, ondergeskik aan god, wat die volk van Juda in die hemelse hof aankla en die lojaliteit van Jahweh se volgelinge toets. In die tussentestamentiese tydperk het die satan, moontlik onder invloed van Zoroastriese figuur Angra Mainyu, ontwikkel in 'n kaadwillige entiteit met afstootlike eienskappe in opposisie met God. In die apokriewe Boek van Jubileë gee Jahweh die satan (na wie as Mastema verwys word) mag oor 'n groep gevalle engele, of hulle nageslag, om mense uit te lok tot sonde en hulle te straf.

Hoewel Genesis hom nie noem nie, identifiseer Christene die slang in die tuin van Eden as Satan. In die sinoptiese evangelies (Matteus, Markus en Lukas) lei Satan vir Jesus in die woestyn in versoeking en word hy geïdentifiseer as die oorsaak van siektes en verleiding. In Openbaring verskyn Satan as 'n groot rooi draak, wat deur die aartsengel Migael verslaan en uit die hemel gewerp word. Hy word later vir eenduisend jaar vasgebind, maar word vir 'n kort ruk vrygelaat voordat hy finaal verslaan en in die poel van vuur en swael gegooi word.

In die Middeleeue het Satan 'n minimale rol in die Christelike teologie gespeel en is hy vir komiese afwisseling in raaiseltoneelstukke gebruik. In die vroeë moderne tydperk het Satan se belangrikheid aansienlik toegeneem namate die geloof in besetenheid en heksery toegeneem het. In die tyd van die Verligting is die geloof in die bestaan van Satan gekritiseer deur denkers soos Voltaire. Die geloof in Satan het egter voortbestaan.

Hoewel Satan gewoonlik as boos beskou word, glo sommige groepe anders. In tradisionele satanisme word Satan as 'n godheid beskou wat óf aanbid óf vereer word. In die Kerk van Satan is hy 'n simbool van deugdelike eienskappe en vryheid. Satan se verskyning word nooit in die Bybel beskryf nie, maar sedert die 9de eeu word hy dikwels in Christelike kuns uitgebeeld met horings, hoewe, harige bene en 'n stert. Hy is dikwels nakend en hou 'n getande vurk vas. Dié eienskappe kom van 'n verskeidenheid heidense gode, soos Pan, Poseidon en Bes. Satan verskyn gereeld in Christelike letterkunde, soos in Dante Alighieri se Inferno, in al die weergawes van die klassieke Faustverhaal, in John Milton se Paradise Lost en Paradise Regained, en in die gedigte van William Blake. Hy verskyn ook in rolprente en musiek en op televisie.

Historiese ontwikkeling

Hebreeuse Bybel

Bileam en die engel (1836) deur Gustav Jäger. Daar word in dié geval na die engel verwys as 'n "satan".[1]

Die Hebreeuse term śāṭān is 'n generiese selfstandige naamwoord wat "beskuldiger" of "teenstander" beteken,[2][3] en is afgelei van 'n werkwoord wat "teenhou, teenstaan" beteken.[4] In die vroeëre Bybelse boeke, soos 1 Samuel 29:4. verwys dit na menslike teenstanders, maar in latere boeke, veral Job 1-2 en Sagaria 3, na 'n bonatuurlike entiteit.[3] Sonder die bepaalde lidwoord (net satan) kan dit verwys na enige beskuldiger,[5] maar as die lidwoord gebruik word (ha-satan) verwys dit gewoonlik spesifiek na die hemelse beskuldiger, letterlik die Satan.[5]

Die woord met die bepaalde lidwoord kom in twee boeke van die Hebreeuse Bybel voor: Job en Sagaria. Dit word in Afrikaans as "die Satan" vertaal. Die woord kom nie in Genesis voor nie. Daar word net 'n slang genoem, en dit word nie met enige bonatuurlike wese geïdentifiseer nie.[6] Die eerste gebruik van die woord "Satan" in die Hebreeuse Bybel waar dit na 'n bonatuurlike figuur verwys, is in Numeri 22:22,[2] wat beskryf hoe die Engel van die Here Bileam op sy donkie konfronteer:[1][2] In 2 Samuel 24 stuur die Here die Engel van die Here om 'n pes onder Israel in te stuur waarin 70 000 mense omkom as straf daarvoor dat Dawid 'n sensus sonder sy goedkeuring opgeneem het.[7] Die storie word in 1 Kronieke 21:1 herhaal, maar die "Engel van die Here" word met "Satan" vervang.[7]

Sommige dele verwys duidelik na die Satan, sonder dat die woord self gebruik word.[8] 1 Samuel 2:12 beskryf die seuns van Eli as "slegte mense". In 1 Samuel 16:14–2 stuur die Here 'n "bose gees" om Saul te ontstel.[9] In 1 Konings 22:19–25 beskryf die profeet Miga 'n visie van die Here wat op sy troon sit omring deur "die hele hemelse leërmag".[10] Die Here vra wie Agab so ver sal kry dat Agab sneuwel.[10] 'n "Gees" wat nie by die naam genoem word nie, maar wat analoog met Satan is, sê hy sal 'n "leuengees word in die mond van al sy profete".[10]

In Job

Die Ondersoek van Job, omstreeks 1821 deur William Blake.

Die Satan verskyn in die boek Job, wat dalk geskryf is omtrent die tyd van die Babiloniese ballingskap.[11] In die teks is Job 'n vroom en opregte man wat God dien.[11] Job 1:6-8 beskryf hoe "die hemelwesens" eendag voor die Here kom staan het.[11] Die Here vra vir een van hulle, die Satan, waar hy vandaan kom, waarop hy sê hy het die wêreld deurkruis.[11] Die Here vra toe: "En my dienaar Job? Het jy hom raakgesien?"[11] In antwoord vra die Satan toe of hy Job mag treiter, en hy belowe Job sal sy geloof laat vaar sodra hy teenspoed kry.[12] Die Here stem in. Die Satan vernietig feitlik Job se hele lewe, maar Job weier om God te verwyt.[12] Ná 'n lang tyd is Job steeds getrou en word die Satan verslaan.[13]

In Sagaria

Sagaria 3:1-7 bevat die beskrywing van 'n visie wat dateer van Februarie 519 v.C.[14] waarin 'n engel vir Sagaria 'n toneel van die hoëpriester Jesua wys in liederlike vuil klere, wat Juda en sy sondes verteenwoordig.[15] Jesua word deur die Satan aangekla met die Here as die regter.[15] Die Here bestraf die Satan[15] en gee opdrag dat skoon klere vir Jesua aangetrek word, wat die Here se vergifnis van Juda se sondes verteenwoordig.[15]

Tydperk van die Tweede Tempel

'n Kaart wat die uitbreiding wys van die Achaemenidiese Ryk, waar die Jode gewoon het in die vroeë tydperk van die Tweede Tempel[3] en waar die Zoroastristiese idees oor Angra Mainyu die Joodse waarneming van Satan beïnvloed het.[3]

In die tydperk van die Tweede Tempel, toe Jode in die Achaemenidiese Ryk gewoon het, is Judaïsme in 'n groot mate beïnvloed deur Zoroastrisme, die Achaemeniede se godsdiens.[16][3][17] Die Joodse waarneming van Satan is beïnvloed deur Angra Mainyu,[3][18] die Zoroastristiese gees van boosheid, duisternis en onkunde.[3] In die Septuagint word die Hebreeuse ha-Satan in Job en Sagaria vertaal met die Griekse woord diabolos ("lasteraar"), dieselfde woord in die Griekse Nuwe Testament waarvan die Engelse woord "devil"[19] en die Afrikaans woord "duiwel" eindelik afgelei is.

Dit lyk of die idee van Satan as 'n teenstander van God en 'n suiwer bose figuur in die tydperk van die Tweede Tempel in die Joodse pseudepigrawe begin posvat het,[20] veral die Apokaliptiese apokriewe boeke.[21] Die Boek van Henog, wat volgens die Dooie See-rolle byna net so gewild soos die Tora was,[22] beskryf 'n groep van 200 engele wat oor die aarde moet toesig hou, maar hulle pligte versuim om met menslike vroue seks te hê.[23] Die leier is Semjâzâ[24] en nog 'n lid van die groep, Azazel, versprei sonde en korrupsie onder die mense.[24] Die engele word eindelik afgesonder in grotte oor die hele aarde.[24]

Die Boek van Jubileë, wat omstreeks 150 v.C. geskryf is,[25] vertel ook die storie oor die engele se neerlaag,[26] maar anders as in Henog tree Mastema, die "Hoof van Geeste", tussenbeide en vra die Here om 'n paar engele oor te laat wat sy werkers kan word.[27] Die Here gee toe aan die versoek[27] en Mastema gebruik hulle om mense uit te lok om groter sondes te pleeg, sodat hy hulle kan straf.[28] Later spoor Mastema die Here aan om Abraham te toets deur hom opdrag te gee om Isak te offer.[28][29]

2 Henog bevat verwysings na 'n soortgelyke engel met die naam Satanael. Dit is 'n pseudepigrafiese teks van 'n onsekere datum en onbekende skrywer. Die teks beskryf Satanael as die prins van die Grigori wat uit die hemel verban is en 'n bose gees wat die verskil tussen "reg" en "verkeerd" geken het. In die Wysheid van Salomo is die duiwel die een wat die dood in die wêreld gebring het.[30][31][32]

Judaïsme

Die klank van 'n sjofar verwar Satan glo simbolies.

Die meeste Jode glo nie in die bestaan van 'n bonatuurlike boosaardige figuur nie.[33] Tradisionele en filosofiese Jode het in die Middeleeue rasionele teologie aangehang en enige geloof in rebelse of gevalle engele verwerp. Hulle het boosheid as abstrak beskou.[34] Die rabbi's het gewoonlik die woord Satan sonder die lidwoord ha- beskou as verwysend na menslike teenstanders.[35] Die woord is egter soms metafories toegepas op bose invloede,[36] soos die Joodse eksegese van die yetzer hara ("bose inklinasie" of "verdorwenheid") wat in Genesis 6:5 genoem word.[37]

Die Talmoed se beeld van Satan is teenstrydig. Hoewel die gebruik van die woord eenvormig is onder geleerdes, word hy wel gewoonlik geïdentifiseer as 'n entiteit met goddelike werksaamheid. Die wysgeers beskou Satan byvoorbeeld as 'n engel van die dood (wat later die naam "Samael" kry), want die feit dat die Here hom verbied om Job dood te maak, beteken hy sou dit andersins kon doen.[38] Ten spyte van dié vergroeiing met 'n hemelse liggaam, word Satan in dieselfde gedeelte geïdentifiseer as die yetzer hara. Rabbi's wat oor Job skryf, volg gewoonlik die Talmoed deur "die Satan" te identifiseer as 'n metafoor vir die yetzer hara en nie as 'n werklike entiteit nie.[39]

Volgens 'n vertelling is die klank van die sjofar, wat hoofsaaklik bedoel is om Jode te herinner aan die belangrikheid van berou, ook bedoel om "die beskuldiger" (Satan) simbolies te verwar en hom te keer om enige beskuldigings teen die Jode by God te maak.[40] Kabbala stel Satan voor as 'n agent van God wie se funksie dit is om mense uit te lok om te sondig sodat hy hulle in die hemelse hof kan beskuldig.[41]

Christendom

Name

'n Illustrasie vir John Milton se Paradise Lost van die "val van Lusifer".

Die algemeenste woord vir Satan in Afrikaans is "duiwel", wat 'n Germaanse woord is wat van die Latynse diabolus kom (wat ook die bron van "diabolies" is). Dit was weer 'n leenwoord van die Griekse diabolos "lasteraar".[42] "Beëlsebub" is 'n neerhalende naam wat in die Bybel vir die duiwel gebruik word. Dit is die naam van 'n Filistynse god wat waarskynlik oorspronklik "Baäl-Sebub" ("Baäl die Prins") genoem is.[43]

Nuwe Testament

Evangelies, Handelinge en briewe

Die duiwel in Die Versoeking van Christus, deur Ary Scheffer, 1854.

Die drie sinoptiese evangelies beskryf almal die versoeking van Christus in die woestyn deur Satan (Matteus 4:1-11, Markus 1:12-13 en Lukas 4:1-13).[44] Satan speel ook 'n rol in sommige van Jesus se gelykenisse, soos dié van die saaier, die onkruid, die skape en bokke en die sterk man.[45]

Die sinoptiese evangelies identifiseer Satan en sy demone as die oorsake van siektes,[46] insluitende koors (Lukas 4:39), malaatsheid (Lukas 5:13) en artritis (Lukas 13:11-16),[46] terwyl die Brief aan die Hebreërs die duiwel beskryf as "die een wat mag het oor die dood" (Hebreërs 2:14).[47] Die skrywers van Lukas en Handelinge gee meer mag aan Satan as Matteus en Markus.[48] In Lukas 2:31 gee Jesus aan Satan die mag om Petrus en die ander apostels te toets.[49] Volgens Lukas 22:3-6 het Judas Iskariot Jesus verraai omdat Satan "in hom gevaar het"[48] en in Handelinge 5:3 beskryf Petrus hoe Satan Ananias omgehaal het om te sondig.[50]

In Johannes word Satan se naam baie min genoem. In Johannes 8:44 sê Jesus vir sy Joodse vyande hulle is die kinders van die duiwel en nie van Abraham nie.[51] Volgens Johannes 13:2 het die duiwel Judas op die gedagte gebring om Jesus te verraai.[52]

In die Nuwe Testament word Satan ook ander name genoem: "die versoeker" (Matteus 4:3),[3] "die aanvoerder van die bose geeste" (Matteus 12:24),[53][3] "die god van hierdie wêreld" (2 Korintiërs 4:4)[54] en 'n "brullende leeu" (1 Petrus 5:8).[53]

Ou deel

God en Satan, 'n skildery deur Corrado Giaquinto (Vatikaanse museum).

Satan[55] (ook die duiwel of Lusifer) is 'n gevalle aartsengel in die Abrahamitiese gelowe wat deur God uit die hemel gewerp is toe hy teen dié in opstand gekom het. Hy is die leier van die rebellerende gevalle engele wat onder sy aanvoering God verlaat het en wat in religieuse kringe as die verpersoonliking van die kwaad gesien word.[56]

Satan is volgens tradisionele Christene, Jode en Moslems nooit gelykwaardig aan God nie. Hulle verwerp dan ook die gedagte dat daar 'n soort tweestryd aan die gang is tussen 'n "mag van die goede" en 'n daarteenoor gestelde "mag van die kwade", wat ewe sterk is. God het, volgens hierdie opvattings, die laaste woord.

'n Groot deel van die populêre, algemeen bekende kenmerke van die duiwel is egter nie deel van die opvattings van huidige popmitologie nie, maar bestaan uit 'n mengsel van ou en nuwe niereligieuse opvattings.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Kelly 2006, pp. 15–16.
  2. 2,0 2,1 2,2 Kelly 2006, p. 16.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 3,6 3,7 3,8 Campo 2009, p. 603.
  4. Red. Buttrick, George Arthur; The Interpreter's Dictionary of the Bible, An illustrated Encyclopedia
  5. 5,0 5,1 Kelly 2006, pp. 1–13, 28–29.
  6. Kelly 2006, p. 14.
  7. 7,0 7,1 Kelly 2006, p. 20.
  8. Kelly 2006, pp. 18–19.
  9. Kelly 2006, p. 18.
  10. 10,0 10,1 10,2 Kelly 2006, p. 19.
  11. 11,0 11,1 11,2 11,3 11,4 Kelly 2006, p. 21.
  12. 12,0 12,1 Kelly 2006, pp. 21–22.
  13. Steinmann, AE. "The structure and message of the Book of Job". Vetus Testamentum.
  14. Kelly 2006, p. 23.
  15. 15,0 15,1 15,2 15,3 Kelly 2006, p. 24.
  16. Russell 1977, p. 102.
  17. Peter Clark, Zoroastrianism: An Introduction to Ancient Faith 1998, p. 152
  18. Winn, Shan M.M. (1995). Heaven, heroes, and happiness : the Indo-European roots of Western ideology. Lanham, Md.: University press of America. p. 203. ISBN 0-8191-9860-9.
  19. Kelly 2006, p. 30.
  20. Jackson, David R. (2004). Enochic Judaism. London: T&T Clark International. pp. 2–4. ISBN 0-8264-7089-0.
  21. Berlin, Adele, red. (2011). The Oxford dictionary of the Jewish religion (2nd uitg.). New York: Oxford University Press. p. 651. ISBN 978-0-19-973004-9.
  22. Kelly 2006, pp. 42–43.
  23. Kelly 2006, pp. 34–35.
  24. 24,0 24,1 24,2 Kelly 2006, p. 35.
  25. Kelly 2006, p. 36.
  26. Kelly 2006, pp. 36–37.
  27. 27,0 27,1 Kelly 2006, p. 37.
  28. 28,0 28,1 Kelly 2006, pp. 37–40.
  29. Introduction to the Book of Jubilees, 15. Theology. Some of our Author's Views: Demonology, deur R.H. Charles.
  30. The Book of Wisdom: With Introduction and Notes, p. 27, Object of the book, deur A.T.S. Goodrick].
  31. Kelly 2006, pp. 70–78.
  32. Kelly 2017, pp. 28–30.
  33. Glustrom 1989, pp. 22–24.
  34. Bamberger, Bernard J. (2006). Fallen angels : soldiers of satan's realm (1 paperback uitg.). Philadelphia, Pa.: Jewish Publ. Soc. of America. pp. 148, 149. ISBN 0-8276-0797-0.
  35. Oxford dictionary of the Jewish religion, 2011, p. 651
  36. Glustrom 1989, p. 24.
  37. "Satan". Jewish Encyclopedia. 
  38. "Bava Batra 16a:8".
  39. Robert Eisen. The Book of Job in Medieval Jewish Philosophy, 2004 p. 120
  40. Ronald L. Eisenberg Dictionary of Jewish Terms: A Guide to the Language of Judaism Taylor Trade Publications 2011; ISBN 978-1-589-79729-1, p. 356.
  41. Rabbi Rachel Timoner Breath of Life: God as Spirit in Judaism Paraclete Press 2011; ISBN 978-1-557-25899-1
  42. "American Heritage Dictionary: Devil". Besoek op 31 Mei 2006.
  43. van der Toorn, Becking & Willem 1999, pp. 154–155.
  44. Kelly 2006, pp. 88–95.
  45. Beekmann & Bolt 2012, p. 99–102.
  46. 46,0 46,1 Kelly 2006, p. 95.
  47. Bass 2014, p. 113.
  48. 48,0 48,1 Kelly 2006, pp. 95–96.
  49. Kelly 2006, pp. 102, 142.
  50. Kelly 2006, p. 106.
  51. Kelly 2006, p. 107.
  52. Kelly 2006, p. 109.
  53. 53,0 53,1 Kelly 2006, p. 271.
  54. Kelly 2006, p. 66.
  55. Die Oorsprong Van Satan, die "Vader Van Leuens" Geargiveer 6 Maart 2016 op Wayback Machine, Die Oorsprong Van Satan, die "Vader Van Leuens", 2015 (af)
  56. Wie is satan?, Het Zoeklicht, Julie 2006 (nl)

Skakels