Gaan na inhoud

Iapetos (maan): Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
No edit summary
Besig
Lyn 59: Lyn 59:


Onlangser studies dui egter daarop dat al die mane nader as Titaan nie ouer as 100 miljoen jaar is nie. Dit is dus onwaarskynlik dat Iapetos uit dieselfde reeks botsings kon gevorm het as Rea en al die ander mane nader as Titaan. Saam met Titaan kan Iapetos dalk 'n oersatelliet wees.<ref>{{Cite web | url=http://www.space.com/32378-saturn-rings-and-moons-younger-than-dinosaurs.html | title=Saturn's Moons and Rings May be Younger Than the Dinosaurs| website=Space.com| date=25 March 2016}}</ref>
Onlangser studies dui egter daarop dat al die mane nader as Titaan nie ouer as 100 miljoen jaar is nie. Dit is dus onwaarskynlik dat Iapetos uit dieselfde reeks botsings kon gevorm het as Rea en al die ander mane nader as Titaan. Saam met Titaan kan Iapetos dalk 'n oersatelliet wees.<ref>{{Cite web | url=http://www.space.com/32378-saturn-rings-and-moons-younger-than-dinosaurs.html | title=Saturn's Moons and Rings May be Younger Than the Dinosaurs| website=Space.com| date=25 March 2016}}</ref>

==Fisiese eienskappe==
[[Beeld:Iapetus_map_labelled.png|thumb|250px|'n Kaart van die oppervlak van Iapetos. By die [[lengtegraad]] 0° is die kant wat altyd na Saturnus wys.]]

Iapetos se lae digtheid dui aan dit bestaan hoofsaaklik uit [[ys]], met net 'n klein hoeveelheid (~20%) rotsagtige materiaal.<ref name="Castillo2007">{{cite journal| last=Castillo-Rogez| first=J. C.|author2=Matson, D. L. |author3=Sotin, C. |author4=Johnson, T. V. |author5=Lunine, Jonathan I. |author6= Thomas, P. C. | title=Iapetus' geophysics: Rotation rate, shape, and equatorial ridge| journal=Icarus| date=2007| volume=190| issue=1| pages=179–202| doi=10.1016/j.icarus.2007.02.018| bibcode=2007Icar..190..179C}}</ref>

Anders as die ander groot mane, is dit nie rond of ovaal nie. Dit het 'n uitbultende middellyn en platgedrukte pole.<ref name="Science News">Cowen, R. (2007). Idiosyncratic Iapetus, ''Science News'' vol. 172, pp. 104–106. [http://www.sciencenews.org/articles/20070818/bob8ref.asp references] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20071013165655/http://www.sciencenews.org/articles/20070818/bob8ref.asp |date=2007-10-13 }}</ref> Sy unieke ewenaarrif is so hoog dat dit die maan se vorm verwring selfs wanneer dit van ver af besigtig word. Dit word dikwels okkerneutvormig genoem.

Die maan het talle [[impakkrater]]s en Cassini se foto's wys sommige is breër as 350&nbsp;km. Die grootste een, Turgis, het 'n deursnee van 580&nbsp;km;<ref name="USGS">{{cite web | title = Iapetus: Turgis | publisher = USGS Astrogeology | work = Gazetteer of Planetary Nomenclature | url = http://planetarynames.wr.usgs.gov/Feature/14488 | access-date = 2009-01-10 }}</ref> sy rand is uiters steil en sluit 'n eskarp van sowat 15&nbsp;km hoog in.<ref name="scarp">{{cite web| date = 2004-12-31| title = PIA06171: Giant Landslide on Iapetus| publisher = Nasa/JPL/Space Science Institute (photojournal)| url = http://photojournal.jpl.nasa.gov/catalog/PIA06171| access-date = 2009-01-10}}</ref>

Daar is groot grondstortings op Iapetos, moontlik vanweë ys wat skuif.<ref>{{cite news | url=https://www.bbc.co.uk/news/science-environment-19011011| title=BBC News - Saturn moon Iapetus' huge landslides stir intrigue| work=BBC Online| access-date=30 July 2012}}</ref>


==Die res==
==Die res==

Wysiging soos op 10:50, 23 Januarie 2024

Iapetos, Japetos   

'n Mosaïekbeeld van Iapetos deur Cassini.
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 3 560 820 km
Wentelperiode 79,3215 d
Baanhelling
  • 17,28° (tot die sonnebaan)
  • 15,47° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 1 492.0 × 1 492.0 × 1 424 km [1]
Gem. radius 734,4±2,8 km[1][2]
Oppervlakte 6 700 000 km2
Massa 1,8056591±0,0000544×1021 kg[2]
Gem. digtheid 1,0887±0,0127 g/cm3[2]
Rotasieperiode 79,3215 d
(sinchronies)
Ashelling 0
Temperatuur 90-130 K
Skynmagnitude 10,2-11,9[3]

Iapetos of Japetos (Grieks: Ἰαπετός) is die derde grootste natuurlike satelliet van Saturnus. Dit het 'n geraamde deursnee van 1 469 km en is die 11de grootste maan in die Sonnestelsel.[4] Dit is in 1671 deur Giovanni Domenico Cassini ontdek en genoem na die Titaniese god Iapetos.

Iapetos is 'n liggaam met 'n lae digtheid wat hoofsaaklik uit ys bestaan. Dit het verskeie ongewone eienskappe, soos 'n treffende onderskeid in die kleur van sy voorste (leidende) halfrond, wat donker is, en sy agterste halfrond, wat helder is, sowel as 'n enorme ewenaarrif wat driekwart van die pad om die maan loop.

Geskiedenis

Ontdekking

Iapetos is in Oktober 1671 ontdek deur Giovanni Domenico Cassini, 'n Italiaans gebore Franse sterrekundige. Dit is die eerste maan wat Cassini ontdek het, en die tweede maan van Saturnus wat opgespoor is nadat Christaan Huygens Titaan 16 jaar vroeër, in 1655, ontdek het. Dit is die sesde natuurlike satelliet buiten die Aarde se Maan wat in die menslike gekiedenis ontdek is.

'n Vergelyking tussen die groottes van Iapetos (links onder), die Maan (links bo) en die Aarde.

Cassini het Iapetos ontdek toe dit wes van Saturnus gelê het, maar toe hy dit 'n paar maande later aan die planeet se oostekant probeer opspoor, was hy onsuksesvol. Dieselfde het die volgende jaar gebeur, toe hy dit weer aan die westekant kon sien, maar nie aan die oostekant nie. Cassini het Iapetos eindelik in 1705 aan die oostekant gesien met die hulp van 'n verbeterde teleskoop, en gevind die maan is 2 magnitudes dowwer aan daardie kant.[5][6]

Cassini het korrek aangeneem Iapetos het 'n helder en 'n donker halfrond en dat dit in 'n sinchroniese wentelbaan is, wat beteken dieselfde kant wys altyd na Saturnus. Die helder kant is dus altyd sigbaar as die maan van die Aarde af gesien aan die westekant van Saturnus is, en die dowwe kant wanneer dit aan die oostekant is.[7]

Etimologie

Iapetos is genoem na die Titaan Iapetos in die Griekse mitologie. Die naam is in 1847 voorgestel deur John Herschel (die seun van William Herschel, die ontdekker van Mimas en Enkelados) in sy publikasie Results of Astronomical Observations made at the Cape of Good Hope,[8] waarin hy voorbrand daarvoor maak dat Saturnus se mane genoem word na die broers en susters van die Titaan Kronos (wat die Romeine Saturnus genoem het) en die Gigante, ook familielede van die Titane wat hulle gehelp het in die oorlog teen Zeus en die 12 Olimpiese gode.[9]

Die naam het ook 'n ander spelling, "Japetos".[8] Die twee spellings kom van die feit dat daar destyds geen onderskeid in Latyn tussen die letters "i" en "j" was nie en skrywers die naam verskillend gespel het.

Toe Iapetos ontdek is, was dit een van vier mane van Saturnus wat deur Cassini die Sidera Lodoicea ("Sterre van Lodwyk") genoem is ter ere van koning Lodewyk XIV van Frankryk (die ander was Tetis, Dione en Rea). Sterrekundiges het egter met Romeinse syfers na die mane verwys, en Iapetos is "Saturnus V" genoem, omdat dit destyds die vyfde bekende maan was in terme van afstand van Saturnus af. Nadat Mimas en Enkelados in 1789 ontdek is, is die stelsel uitgebrei en het Iapetos "Saturnus VII" geword. Met die ontdekking van Huperion in 1848 het Iapetos Saturnus VIII geword, en dit is volgens dié stelsel steeds sy naam.[10]

Wentelbaan

'n Kantaansig van Iapetos se wentelbaan (rooi) in vergelyking met dié van Saturnus se ander groot mane. Dit wys sy groot baanhelling.

Iapetos het 'n effens ongewone wentelbaan. Hoewel dit Saturnus se derde grootste maan is, wentel dit baie verder van Saturnus af as die nader maan Titaan. Dit het ook die grootste baanhelling van die reëlmatige mane; net die onreëlmatige mane soos Foibe se baanhelling is groter. Vanweë dié afstand en groot baanhelling is Iapetos die enigste groot maan van waar Saturnus se ringe duidelik sigbaar sal wees. Op die ander binnemane sal die ringe van die kant af gesien word en sal dit dus moeilik sigbaar wees.

Die oorsaak van dié groot baanhelling is onbekend. Dit is onwaarskynlik dat die maan van elders aangetrek is. Een voorstel vir Iapetos se baanhelling is 'n botsing tussen Saturnus en 'n ander planeet in die verre verlede.[11]

Al is dit gemiddeld 2,4 keer verder van Saturnus as Huperion, is Iapetos in 'n sinchroniese wentelbaan, terwyl Huperion nie is nie.[12]

Vorming

Die mane van Saturnus is vermoedelik meestal deur akkresie gevorm, op dieselfde manier as die planete in die Sonnestelsel. Terwyl die jong gasreuse gevorm het, is hulle omring deur skywe materiaal wat verenig het om die mane te vorm. Wat Titaan betref, is voorgestel die maan het gevorm ná 'n reeks reusebotsings tussen bestaande mane. Iapetos en Rea het vermoedelik gevorm uit 'n deel van die puin uit dié botsings.[13]

Onlangser studies dui egter daarop dat al die mane nader as Titaan nie ouer as 100 miljoen jaar is nie. Dit is dus onwaarskynlik dat Iapetos uit dieselfde reeks botsings kon gevorm het as Rea en al die ander mane nader as Titaan. Saam met Titaan kan Iapetos dalk 'n oersatelliet wees.[14]

Fisiese eienskappe

'n Kaart van die oppervlak van Iapetos. By die lengtegraad 0° is die kant wat altyd na Saturnus wys.

Iapetos se lae digtheid dui aan dit bestaan hoofsaaklik uit ys, met net 'n klein hoeveelheid (~20%) rotsagtige materiaal.[15]

Anders as die ander groot mane, is dit nie rond of ovaal nie. Dit het 'n uitbultende middellyn en platgedrukte pole.[16] Sy unieke ewenaarrif is so hoog dat dit die maan se vorm verwring selfs wanneer dit van ver af besigtig word. Dit word dikwels okkerneutvormig genoem.

Die maan het talle impakkraters en Cassini se foto's wys sommige is breër as 350 km. Die grootste een, Turgis, het 'n deursnee van 580 km;[17] sy rand is uiters steil en sluit 'n eskarp van sowat 15 km hoog in.[18]

Daar is groot grondstortings op Iapetos, moontlik vanweë ys wat skuif.[19]

Die res

Die oppervlakstemperatuur van die maan op die donker hemisfeer is 130 Kelvin (-143,15 °C) en die maan is dus die warmste van al Saturnus se mane. Steeds bestaan die maan egter hoofsaaklik uit ys en 'n klein deel silikaatgesteente.

Iapetos het 'n ongewone wentelbaan om Saturnus. Alhoewel hy Saturnus se derde-grootste maan is, is hy baie verder weg van Saturnus as die volgende groot maan, Titan. Die inklinasiehoek van die wentelbaan tot betrekking tot Saturnus se ewenaar is ook baie groter as dié van die ander gewone mane. Slegs ongewone, buitenste mane soos Foibe het groter inklinasiehoeke. Niemand weet tans hoekom dit so is nie. Die groot afstand tussen Iapetos en Saturnus en die maan se inklinasiehoek beteken wel dat dit die enigste groot maan is waarvan Saturnus se ringe besigtig kan word.

Giovanni Cassini het al in die sewentiende eeu aangeneem dat een kant van Iapetos baie donkerder is as die ander kant. Hy het hierdie aanname gebaseer op die feit dat hy Iapetos slegs aan een kant van Saturnus kon waarneem. Die aanname is dan ook in 1981 bevestig deur Voyager 2, wat foto's van die maan op 'n afstand van 966 000km van die planeet af geneem het. Die rede vir hierdie verskil in die kleur van die oppervlak is tans nog onbekend.

Naas die bogenoemde besonderhede het Iapetos nog 'n raaisel te bied: die ruimtetuig Cassini het ontdek dat die ewenaar van die maan 'n plato bevat wat 20km breed en 13km hoog is en 1300km ver strek. Alhoewel daar verskillende verklarings vir hierdie verskynsel voorgestel is, is daar steeds geen bewyse daarvoor nie. Daar word verwag dat Cassini op 10 September 2007 foto's van die maan sal neem op 'n afstand van slegs 1200 km en dit lig op die onderwerp sal gooi.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Roatsch et al. 2009
  2. 2,0 2,1 2,2 Jacobson, Robert. A. (1 November 2022). "The Orbits of the Main Saturnian Satellites, the Saturnian System Gravity Field, and the Orientation of Saturn's Pole*". The Astronomical Journal. 164 (5): 199. Bibcode:2022AJ....164..199J. doi:10.3847/1538-3881/ac90c9. S2CID 252992162.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Observatorio ARVAL
  4. Park, Ryan; Chamberlin, Alan B. (2021). "Planetary Satellite Physical Parameters". Jet Propulsion Laboratory. Nasa.
  5. Van Helden, Albert (1984). Saturn through the telescope: A brief historical survey. Tucson, Arizona: University of Arizona Press. pp. 23–43. Bibcode:1984satn.book...23V.
  6. Harland, David M. (2002). Mission to Saturn: Cassini and the Huygens Probe. Chichester: Springer Publishing. ISBN 978-1852336561.
  7. Rotherty, David A. (1 Januarie 2016). Moons: A Very Short Introduction. Oxford University Press. p. 102. ISBN 9780198735274.
  8. 8,0 8,1 Lassell, William (14 Januarie 1848). "Satellites of Saturn". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 8 (3): 42–43. Bibcode:1848MNRAS...8...42L. doi:10.1093/mnras/8.3.42.
  9. https://library.si.edu/digital-library/book/resultsastronom00hers - Page 415
  10. Davis, Phil; Dunford, Bill; Boeck, Moore (19 Desember 2019). "Iapetus: In Depth". Solar System Exploration: Our Galactic Neighbourhood. Nasa. Besoek op 1 Maart 2023.
  11. Nesvorný, David; Vokrouhlický, David; Deienno, Rogerio; Walsh, Kevin J. (2014). "Excitation of the Orbital Inclination of Iapetus during Planetary Encounters". The Astronomical Journal. 148 (3): 52. arXiv:1406.3600. Bibcode:2014AJ....148...52N. doi:10.1088/0004-6256/148/3/52. S2CID 54081553.
  12. Buratti, Bonnie J. (September 2017). "Hyperion". Nature Astronomy. 1 (9): 574. Bibcode:2017NatAs...1..574B. doi:10.1038/s41550-017-0243-9. S2CID 256706837.
  13. "Giant impact scenario may explain the unusual moons of Saturn". Space Daily. 2012. Besoek op 19 Oktober 2012.
  14. "Saturn's Moons and Rings May be Younger Than the Dinosaurs". Space.com. 25 Maart 2016.
  15. Castillo-Rogez, J. C.; Matson, D. L.; Sotin, C.; Johnson, T. V.; Lunine, Jonathan I.; Thomas, P. C. (2007). "Iapetus' geophysics: Rotation rate, shape, and equatorial ridge". Icarus. 190 (1): 179–202. Bibcode:2007Icar..190..179C. doi:10.1016/j.icarus.2007.02.018.
  16. Cowen, R. (2007). Idiosyncratic Iapetus, Science News vol. 172, pp. 104–106. references Geargiveer 13 Oktober 2007 op Wayback Machine
  17. "Iapetus: Turgis". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. Besoek op 10 Januarie 2009.
  18. "PIA06171: Giant Landslide on Iapetus". Nasa/JPL/Space Science Institute (photojournal). 31 Desember 2004. Besoek op 10 Januarie 2009.
  19. "BBC News - Saturn moon Iapetus' huge landslides stir intrigue". BBC Online. Besoek op 30 Julie 2012.

Skakels