Gaan na inhoud

Foibe (maan): Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Nuwe artikel, besig
 
Besig
Lyn 43: Lyn 43:


Foibe is rofweg sferies en het [[planetêre differensiasie]]. Vroeg in sy geskiedenis was dit rond en warm, maar dit is deur botsings uit sy ronde vorm gestamp. Dit is vermoedelik 'n [[Sentour (kleinplaneet)|sentour]] wat in die [[Kuipergordel]] ontstaan het en deur Saturnus aangetrek is.<ref name="Jewitt2007">{{cite journal|last=Jewitt |first=David |author2=Haghighipour, Nader |title=Irregular Satellites of the Planets: Products of Capture in the Early Solar System |journal=Annual Review of Astronomy and Astrophysics |date=2007 |volume=45 |issue=1 |pages=261–95 |url=http://www.ifa.hawaii.edu/~jewitt/papers/2007/JH07.pdf |archive-url=https://web.archive.org/web/20090919020650/http://www.ifa.hawaii.edu/~jewitt/papers/2007/JH07.pdf |archive-date=2009-09-19 |doi=10.1146/annurev.astro.44.051905.092459 |bibcode=2007ARA&A..45..261J |arxiv=astro-ph/0703059 |s2cid=13282788 |url-status=dead }}</ref> Foibe is die tweede grootste [[Retrograde en prograde beweging|retrograde]] maan in die [[Sonnestelsel]], naas [[Triton (maan)|Triton]].<ref>{{Cite web|url=https://ssd.jpl.nasa.gov/?sat_phys_par|title=Planetary Satellite Physical Parameters|access-date=2020-06-09|archive-date=2021-09-04|archive-url=https://web.archive.org/web/20210904053002/https://ssd.jpl.nasa.gov/?sat_phys_par|url-status=live}}</ref>
Foibe is rofweg sferies en het [[planetêre differensiasie]]. Vroeg in sy geskiedenis was dit rond en warm, maar dit is deur botsings uit sy ronde vorm gestamp. Dit is vermoedelik 'n [[Sentour (kleinplaneet)|sentour]] wat in die [[Kuipergordel]] ontstaan het en deur Saturnus aangetrek is.<ref name="Jewitt2007">{{cite journal|last=Jewitt |first=David |author2=Haghighipour, Nader |title=Irregular Satellites of the Planets: Products of Capture in the Early Solar System |journal=Annual Review of Astronomy and Astrophysics |date=2007 |volume=45 |issue=1 |pages=261–95 |url=http://www.ifa.hawaii.edu/~jewitt/papers/2007/JH07.pdf |archive-url=https://web.archive.org/web/20090919020650/http://www.ifa.hawaii.edu/~jewitt/papers/2007/JH07.pdf |archive-date=2009-09-19 |doi=10.1146/annurev.astro.44.051905.092459 |bibcode=2007ARA&A..45..261J |arxiv=astro-ph/0703059 |s2cid=13282788 |url-status=dead }}</ref> Foibe is die tweede grootste [[Retrograde en prograde beweging|retrograde]] maan in die [[Sonnestelsel]], naas [[Triton (maan)|Triton]].<ref>{{Cite web|url=https://ssd.jpl.nasa.gov/?sat_phys_par|title=Planetary Satellite Physical Parameters|access-date=2020-06-09|archive-date=2021-09-04|archive-url=https://web.archive.org/web/20210904053002/https://ssd.jpl.nasa.gov/?sat_phys_par|url-status=live}}</ref>

==Geskiedenis==
===Ontdekking===
Foibe is op 17 Maart 1899 deur William Henry Pickering ontdek<ref name="ArtizLyfe/Charlie Kovas"/> op fotografiese plate wat van 16 Augustus 1898 af by die Boyden-sterrewag in Peru geneem is.<ref>{{cite journal |author=Pickering EC |title=A New Satellite of Saturn |url=http://adsabs.harvard.edu//full/seri/BHarO/0049//0000001.000.html |journal=Harvard College Observatory Bulletin |date=1899-03-17 |volume=9 |issue=221 |page=456 |doi=10.1126/science.9.221.456 |pmid=17844472 |s2cid=30496398 |access-date=2004-07-14 |archive-date=2016-03-03 |archive-url=https://web.archive.org/web/20160303194618/http://adsabs.harvard.edu//full/seri/BHarO/0049//0000001.000.html |url-status=live }}</ref> Dit was die eerste maan wat fotografies ontdek is.

===Naam===
Foibe is genoem na 'n [[Titaan (mitologie)|Titaniese godin]] in die [[Griekse mitologie]] wat met die [[Maan]] verbind word en [[Saturnus (mitologie)|Saturnus]] se suster was.<ref name="Pickering1899">{{cite journal |author=Pickering EC |url=http://adsabs.harvard.edu//full/seri/ApJ../0009//0000274.000.html |title=A New Satellite of Saturn |journal=Astrophysical Journal |volume=9 |date=1899-04-10 |pages=274–276 |issue=4 |bibcode=1899ApJ.....9..274P |doi=10.1086/140590 |pmid=17844472 |doi-access=free |access-date=2004-07-14 |archive-date=2016-04-11 |archive-url=https://web.archive.org/web/20160411003004/http://adsabs.harvard.edu//full/seri/ApJ../0009//0000274.000.html |url-status=live }}</ref> Dit word in wetenskaplike geskrifte ook Saturnus IX genoem. Volgens die [[Internasionale Sterrekundige Vereniging]] (IAU) word eienskappe op Foibe genoem na die karakters in die Griekse mite van [[Jason (mitologie)|Jason en die Argonoute]]. In 2005 het die IAU aan 24 [[Slagkrater|kraters]] name gegee.<ref>[http://www.spaceflightnow.com/cassini/050224phoebecraters.html ''Features on Saturn's moon Phoebe given names''] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20160110070432/http://www.spaceflightnow.com/cassini/050224phoebecraters.html |date=2016-01-10 }}, Spaceflight Now, February 24, 2005</ref>

==Wentelbaan==
[[Beeld:Animation of Phoebe orbit around Saturn.gif|thumb|220px|links|'n Animasie van Foibe se wentelbaan.<br />{{legend0|RoyalBlue| Saturnus}}{{·}}{{legend0| Magenta | Foibe}}{{·}}{{legend0|Cyan|Titaan}}]]

Foibe se wentelbaan is retrograad. Dit beteken hy wentel in die teenoorgestelde rigting as waarin Saturnus roteer. Vir langer as 100 jaar was dit Saturnus se heel buitenste maan, tot in 2000 met die ontdekking van nog verskeie mane. Foibe is omtrent vier keer so ver van Saturnus as sy naaste buurman, [[Iapetus (maan)|Iapetus]]) en is aansienlik groter as enige van die ander mane wat op omtrent dieselfde afstand van planete af wentel.

Foibe is deel van die Noorse groep mane van Saturnus, 'n groot groep retrograde mane. Hulle [[baanhelling]]s wissel tussen 136° en 178° en hulle [[Eksentrisiteit (sterrekunde)|eksentrisiteite]] tussen 0,06 en 0,63. Foibe kan sy eie subgroep vorm saam met twee ander mane met soortgelyke wentelbane, S/2006&nbsp;S&nbsp;20 en S/2006&nbsp;S&nbsp;9.


== Verwysings ==
== Verwysings ==
{{Verwysings|2}}
{{Verwysings|}}


==Skakels==
==Skakels==

Wysiging soos op 10:52, 21 Januarie 2024

Foibe   

Cassini se foto van Foibe.
Wentelbaaneienskappe[1]
Halwe lengteas 12 960 000 km
Wentelperiode 550,564636 d
Baanhelling 173,04° (tot die sonnebaan)
151,78° (tot Saturnus se ewenaar)
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings (218,8±2,8) × (217,0±1,2) 
× (203,6±0,6) km
[1]
Gem. radius 106,5±0,7 km[1][2]
Massa 8,3123±0,0162×1018 kg[2]
Gem. digtheid 1,6428±0,0326 g/cm3[2]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,038-0,050 m/s2[1]
Ontsnapping-
snelheid
≈ 0,1 km/s
Sideriese
rotasieperiode
9,2735 h (9 h 16 min 25 s ± 3 s)[3]
Ashelling 152,14° (tot sy wentelbaan)[4]
Temperatuur ≈ 73(?) K

Foibe is Saturnus se onreëlmatige maan met die grootste massa. Dit het 'n deursnee van 213 km en is op 18 Maart 1899 deur William Henry Pickering ontdek[5] op foto's wat van 16 Augustus 1898 af by die Boyden-sterrewag in Peru geneem is. 'n Onreëlmatige maan is een wat in die teenoorgestelde rigting wentel as waarin die planeet draai.

Foibe was die eerste satelliet wat fotografies ontdek is. Dit was die eerste teiken waarop afgekom is met die aankoms van die Cassini-ruimtetuig in die Saturnus-stelsel in 2004 en is dus besonder goed bestudeer vir 'n onreëlmatige maan van sy grootte. Cassini se vlugbaan na Saturnus en tyd van aankoms is spesifiek gekies om dié verbyvlug moontlik te maak.[6] Ná die verbyvlug en begin van sy wentelbaan om Saturnus het Cassini nie veel verder gegaan as Iapetus se wentelbaan nie.

Foibe is rofweg sferies en het planetêre differensiasie. Vroeg in sy geskiedenis was dit rond en warm, maar dit is deur botsings uit sy ronde vorm gestamp. Dit is vermoedelik 'n sentour wat in die Kuipergordel ontstaan het en deur Saturnus aangetrek is.[7] Foibe is die tweede grootste retrograde maan in die Sonnestelsel, naas Triton.[8]

Geskiedenis

Ontdekking

Foibe is op 17 Maart 1899 deur William Henry Pickering ontdek[5] op fotografiese plate wat van 16 Augustus 1898 af by die Boyden-sterrewag in Peru geneem is.[9] Dit was die eerste maan wat fotografies ontdek is.

Naam

Foibe is genoem na 'n Titaniese godin in die Griekse mitologie wat met die Maan verbind word en Saturnus se suster was.[10] Dit word in wetenskaplike geskrifte ook Saturnus IX genoem. Volgens die Internasionale Sterrekundige Vereniging (IAU) word eienskappe op Foibe genoem na die karakters in die Griekse mite van Jason en die Argonoute. In 2005 het die IAU aan 24 kraters name gegee.[11]

Wentelbaan

'n Animasie van Foibe se wentelbaan.
      Saturnus ·       Foibe ·      Titaan

Foibe se wentelbaan is retrograad. Dit beteken hy wentel in die teenoorgestelde rigting as waarin Saturnus roteer. Vir langer as 100 jaar was dit Saturnus se heel buitenste maan, tot in 2000 met die ontdekking van nog verskeie mane. Foibe is omtrent vier keer so ver van Saturnus as sy naaste buurman, Iapetus) en is aansienlik groter as enige van die ander mane wat op omtrent dieselfde afstand van planete af wentel.

Foibe is deel van die Noorse groep mane van Saturnus, 'n groot groep retrograde mane. Hulle baanhellings wissel tussen 136° en 178° en hulle eksentrisiteite tussen 0,06 en 0,63. Foibe kan sy eie subgroep vorm saam met twee ander mane met soortgelyke wentelbane, S/2006 S 20 en S/2006 S 9.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Thomas, P. C. (Julie 2010). "Sizes, shapes, and derived properties of the saturnian satellites after the Cassini nominal mission" (PDF). Icarus. 208 (1): 395–401. Bibcode:2010Icar..208..395T. doi:10.1016/j.icarus.2010.01.025. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 September 2011. Besoek op 4 September 2015.
  2. 2,0 2,1 2,2 Jacobson, Robert. A. (1 November 2022). "The Orbits of the Main Saturnian Satellites, the Saturnian System Gravity Field, and the Orientation of Saturn's Pole*". The Astronomical Journal. 164 (5): 199. doi:10.3847/1538-3881/ac90c9.
  3. Bauer, J.M.; Buratti, B.J.; Simonelli, D.P.; Owen, W.M. (2004). "Recovering the Rotational Lightcurve of Phoebe". The Astronomical Journal. 610 (1): L57–L60. Bibcode:2004ApJ...610L..57B. doi:10.1086/423131.
  4. Porco CC; et al. (25 Februarie 2005). "Cassini Imaging Science: Initial Results on Phoebe and Iapetus" (PDF). Science. 307 (5713): 1237–1242. Bibcode:2005Sci...307.1237P. doi:10.1126/science.1107981. PMID 15731440. S2CID 20749556. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2018. Besoek op 23 September 2019.
  5. 5,0 5,1 Kovas, Charlie. "On This Day". What Happened on March 18, 1899. Unknown. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2015. Besoek op 21 September 2017.
  6. Martinez, Carolina; Brown, Dwayne (9 Junie 2004). "Cassini Spacecraft Near First Stop in Historic Saturn Tour". Mission News. Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2008. Besoek op 2 Maart 2008.
  7. Jewitt, David; Haghighipour, Nader (2007). "Irregular Satellites of the Planets: Products of Capture in the Early Solar System" (PDF). Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 45 (1): 261–95. arXiv:astro-ph/0703059. Bibcode:2007ARA&A..45..261J. doi:10.1146/annurev.astro.44.051905.092459. S2CID 13282788. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 September 2009.
  8. "Planetary Satellite Physical Parameters". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2021. Besoek op 9 Junie 2020.
  9. Pickering EC (17 Maart 1899). "A New Satellite of Saturn". Harvard College Observatory Bulletin. 9 (221): 456. doi:10.1126/science.9.221.456. PMID 17844472. S2CID 30496398. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 14 Julie 2004.
  10. Pickering EC (10 April 1899). "A New Satellite of Saturn". Astrophysical Journal. 9 (4): 274–276. Bibcode:1899ApJ.....9..274P. doi:10.1086/140590. PMID 17844472. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2016. Besoek op 14 Julie 2004.
  11. Features on Saturn's moon Phoebe given names Geargiveer 10 Januarie 2016 op Wayback Machine, Spaceflight Now, February 24, 2005

Skakels